Dit is maar moeilik om ‘n karakter te wees in vandag se films. Mense gaan dood soos vlieë… Van dramas af waar daar een belangrike persoon doodgaan tot by wetenskaplike aksie films soos “War of the Worlds” of “Independence Day” waar daar sommer duisende sneuwel onder die krag van ‘n onbekende vyand.
Vandag se webwerf het ‘n hele paar films gevat en gaan kyk wat presies moet gebeur om jou op Vader Tyd se verkorte lysie te kry, en hul eie lys gemaak van 11 dinge wat jy moet vermy as jy ‘n karakter in ‘n film is.
My persoonlike gunsteling een is dat jy gaan aftree net nadat jy hierdie laaste taak afgehandel het.
http://bbspot.com/News/2007/04/top-11-signs…