Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Reën Op Aanvraag


Gerhard - Natuur, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansDie winter is besig om sy kop uit te steek hier in die Kaap en soos die meeste van die Kapenaars weet is dit nou ‘n paar maande van aanhoudende wind en reën.

Ek verstaan dat reën belangrik is, maar as ek kon kies, sou ek beslis baie meer sonskyn dae wou gehad het, of ten minste sonskyn dae op aanvraag…

Dit is presies wat Chinese wetenskaplikes beplan om te hê vir die 2008 Olimpiese Spele in Beijing. Hulle is van plan om die wolke te manipuleer om dit te laat reën ‘n paar dae voor die groot opening seremonie sodat dit nie sal reën op die groot dag nie.

Hulle doen dit blykbaar deur 7 vuurpyle in die wolke in te skiet wat elkeen ‘n een Silver Iodide bevat. Hulle beweer dat hulle al voorheen hierdie metode getoets en laat werk het.

Miskien kan hulle iets vir ons in die Kaap doen… ek wonder of hulle iets vir wind ook het :P

http://www.newsday.com/news/nationworld/wire/sns-ap-china…

reën, aanvraag, wetenskap, weer

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Reën Op Aanvraag”

  1. eurica:

    In Namibia was daar so 30 jaar gelede baie opwinding oor die reënskietery. ‘n Paar boere het ook vuurpyle geskiet vir reën. Ek het niks gehoor van groot tevredenheid nie en die gier was ook gou verby. Die meeste van die tyd was dit net die skade van die onkoste om die vuurpyle af te skiet en dan vang die boer onder die geut een koppie vol water van die hele dak – of selfs niks. Eenkeer egter was die wolk mooi swaar en die boer wou die kans nie mis dat die wolk verby beweeg en dit dalk nie op sy plaas sou reën nie. Hy laat toe skiet en die buurman spoel amper weg onder die wolkbreuk. Om nog sout in te vryf het die buurman hom gedagvaar vir skadevergoeding. Nou hoop mens net dat die reën skieters die resultaat bietjie fyner sal uitwerk, maar hulle speel steeds met moeder natuur en sy kan baie gemeen wees.

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans