Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Kits-Oplossings


Neels - Algemene Geselskap, Tegnologie

AfrikaansEers was dit kitskos wat mense se lewens makliker gemaak het… daarna seker kitskoffie, en toe kitskontant… so is kitsboodskappe die volgende groot kits-”uitvindsel” waarsonder ons nie meer kan klaarkom nie? Ek is geneig om te wil ja sê daarop ;-) Natuurlik is daar ook ‘n paar goed soos “kits-dieëte” wat nie werk nie…

Vandat ek die eerste keer ‘n kitsboodskap program begin gebruik het was e-pos net nie meer vir my vinnig genoeg nie! Daardie verskriklike gewag op ‘n antwoord was uiteindelik iets van die verlede, want met kitsboodskappe kry jy presies dit wat die naam sê: Kitsboodskappe, wat beteken baie spoedige antwoorde op belangrike vrae!!! Op die oomblik gebruik ek die Miranda kitsboodskapkliënt program, aangesien dit meeste van die verskillende boodskap-standaarde ondersteun, gratis is, en nie ‘n baie kragtige rekenaar nodig het nie. Die bekendste voorbeelde van sulke kliëntprogramme is egter seker ICQ, MSN en Yahoo Messenger, wat al vir baie jare in gebruik is. Wel op die einde van die dag gaan dit hoofsaaklik oor wat vir jou die gerieflikste is om te gebruik :-)

Wikipedia het ‘n baie omvattende bladsy met ingligting oor die tegnologie, asook skakels na ‘n vergelyking tussen die beskikbare programme en waar mens hulle kan aflaai.

http://en.wikipedia.org/wiki/Instant_Messaging

kitsboodskappe, gerieflikste, tegnologie, vergelyking

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Kits-Oplossings”

  1. Friedel:

    Ek gebruik Pidgin daagliks vir werk en persoonlike doeleindes. Pidgin is vroeër GAIM genoem, maar moes sy naam verander weens ‘n regsgeding met AOL. Pidgin 2 is ook vertaal in Afrikaans – dan het mens vriende in plaas van buddies :-) Vir my is die sterkste punt van Pidgin / Gaim dat mens met een program klomp protokolle kan hanteer.

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans