Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Benut Jou Rekenaar Vir ‘n Goeie Doel


Neels - Probleemoplossing, Wetenskap

AfrikaansSo ‘n tydjie terug het ek geskryf oor ‘n program wat mens op jou tuisrekenaar kan installeer om te help “soek” na buiteruimtelike lewe. Wel vandag het ek ‘n soortgelyke program ontdek, maar hierdie een het ‘n baie belangriker doel: dit is om mediese navorsing te doen, deur proteiënes te “vou” en dan allerhande ontledings en toetse te doen. Ek het die programmetjie afgelaai en op my rekenaar by die huis geinstalleer, so op daardie manier help ek met die navorsing om siektes soos kanker en Alzheimers te beveg! Voorwaar ‘n goeie gebruik vir daardie ekstra verwerkingskrag van jou rekenaar wat normaalweg nie benut word nie ;-)

Soos gewoonlik, het ek die Wikipedia blad oor hierdie onderwerp interessant gevind:

http://en.wikipedia.org/wiki/Folding%40home

Die amptelike tuisblad van die “Folding@home” projek is ook sommer waar mens die programmetjie kan aflaai en dit is werklik nie baie groot nie (en is beskikbaar vir verskeie bedryfstelsels):

http://folding.stanford.edu/

navorsing, Folding@home, mediese, siektes

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans