Met so baie selfone wat, veral in Suid-Afrika, gesteel of geroof word sal dit nogal handig wees as daar ‘n diens beskikbaar is waarmee mens sommer so 1-2-3 jou “verlore” foon kan opspoor… of selfs vinnig kan sien waar jou geliefde hom/haarself op die oomblik bevind, deur slegs hul selfoonnommer in te tik…
‘n Besoek aan die volgende webwerf behoort baie van julle sprakeloos te laat – ja tegnologiese vooruitgang het voorwaar dikwels interessante gevolge, en ‘n idee wat aanvanklik goed klink kan dalk op die ou end nie so ‘n goeie idee wees nie
Hierdie is ook, volgens my, ‘n baie mooi voorbeeld van hoekom mens nie jou selfoon altyd orals behoort saam te dra nie! Soms wonder ek of party mense se selfone aan hulle vasgegroei het!!! Natuurlik verwag almal dat jy te alle tye bereikbaar moet wees, en o wee as jy nie die selfoon antwoord wanneer hy lui nie… maar ek sit myne dikwels op die “stil” instelling en dan los ek dit sommer ook by die huis of in die kantoor as ek nie gesteur wil word nie – tot die wat my net “moet” bereik se ontsteltenis