Oor die afgelope jaar en ‘n half het ek al ‘n hele paar dinge aanlyn gesien wat ‘n my elke keer laat wonder waar die mense soveel tyd kry om dinge te doen wat ek gewoontlik nie eers sou oorweeg het nie.
Vandag se webwerf is geen uitsondering nie… Lee Stoetzel is ‘n kunstenaar wat dinge uit hout kerf. Hy het die eerste keer opgang gemaak so ‘n jaar gelede toe hy ‘n hele helikopter uit hout gekerf het. Sy nuuste projek is ook van so ‘n aard dat dit jou na jou asem kan laat snak.
Vir sy nuutste projek het hy ‘n hele Volswagen minibus, van die 60s, uit hout gekerf en die aandag wat hy aan klein dingetjies geskenk het is fantasties.
Die enigste probleem is dat hierdie minibus vir jou omtrent R446 000 sal kos en dan is daar die groot probleem van waar om hom neer te sit
http://www.mixedgreens.com/artweb/html/artisthome.asp…
May 8th, 2007 at 11:29 am
Dis nou ‘n groot stofgaardertjie!
Het ek dit reg gespel? Ek is actually Ingels!