Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Anton Botha Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansAnton Botha is ‘n baie veelsydige, jong kunstenaar wat besig is om die Suid Afrikaanse mark om te keer met sy oorspronklike liedjies, in ons moedertaal…

Hierdie jaar was Anton se eerste KKNK en sy bestuur is baie in hul skik met hoe goed die
vertonings daar verloop het. Hy het ook baie goeie terugvoering van aanhangers gekry!

Anton is ‘n kranige liedjieskrywer en sanger. Anton bespeel 8 instrumente; waaronder akoestiese kitaar, elektriese kitaar, dromme, klavier en mondfluitjie.

Vir diegene wat dink dat Anton dalk bekend lyk, dit is omdat hy in verskeie DVD’s (soos die van Thys die Bosveldklong en Deon van der Merwe) opgetree het en dan ook al sy verskyning gemaak het op menigte musiekvideos.

Vir die van julle wat graag vir Anton in aksie wil sien, gaan gerus na sy webwerf ek klik op “Kalender” om op hoogte te bly met waar hy volgende gaan optree.

Ek is altyd bly om nuwe Afrikaanse stemme te hoor sing :)

http://www.antonbotha.com/

anton botha, afrikaans, musiek, kknk

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Anton Botha Nuus”

  1. Dawie Sê:

    lyk vir my maar na nog ‘n sokkiejoltreffer kloon…die mense wat Afrikaans vervlak en kommersialiseer…soos bv. van sy site af gecopy: “As ´n baie gewilde liedjie skrywer, is sy musiek al deur verskeie van ons bekende musieksterre opgeneem. Dink aan Adijy Adijo deur Juanita du Plessis (Bly by my)”

    dis darem lekker, as jy nie ‘n afrikaanse woord kry wat rym nie, dan dink jy sommer jou eie babawoordjies uit…

    hierdie is deel van die weglaatbare afrikaanse musiek, waar is die WARE kunstenaars soos Valiant, Koos, Jan Blohm, Karen Zoid, Koos Doep, Paul Riekert en nog so baie ander wat nie daarop uit is om net geld te maak met patetiese backtracks en rympies (wat hulle gesteel het van hulle Graad 2 nefies af nie

    hierdie sogenaamde “musiek” van die sokkiejotreffer bende laat my kots

    Gaan Afrikaans, soos in die woorde van Richard van der Westhuizen op Litnet, “nou maar op sy laaste wankelrige, stoutgat-bene al hoe onsekerder begin langarm, met ´n bier in die hand, op ´n onwrikbare backtrack om ´n braaivleisvuur, terwyl die musiek sonder woorde al hoe vinniger begin stamp, en hom uiteindelik uitwoed in ´n meedoënlose hel van middelmatige eentonigheid?”

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans