Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Nut vir ou Kurk Proppe


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansSommige van ons geniet ‘n glasie wyn oor ete, terwyl sommige van ons ‘n bietjie meer daarvan geniet… Hoe dit nou ook al mag wees, daar is altyd een gedeelte van ‘n wynbottel wat vir my soos ‘n vermorsing voel om weg te gooi, en dit is die kurk.

Moenie vir my vra hoekom nie, dit is nou maar net so. Miskien het dit te doen met sy tekstuur of sy vorm, wie weet…

Blykbaar is ek nie die enigste persoon wat so daaroor voel nie. Vandag se skakel bevat ‘n hele reeks nutte vir ou wynbottel kurke.

Sommige van hierdie idees is meer prakties as ander, maar my gunsteling is beslis die groot ronde muurversiering en ook die kurke wat in die lamp se voet gepak is. :)


http://lovemyearth.blogspot.com/2007/05/crazy-for…

kurk, versiering, tekstuur, wyn

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Nut vir ou Kurk Proppe”

  1. Nico:

    Ek voel ook nogal so oor die saak, en alhoewel ek nie ALLE kurkproppe hou nie, maak ek ‘n punt daarvan om die kurkproppe te hou van bottels wyn wat ek baie geniet het. As julle die Jordan-landgoed al besoek het, hulle het koffietafels daar met kurkproppe in die tafel in so bakkierige effek, met ‘n glasblad daaroor. Ek wil ook eendag so koffietafel (of 6) hE.

    Maar jy laat my nou dink aan ‘n ander ding ook. Kurkproppe (Hoop jy sit) is op pad uit. Skroefproppe is terug. Dit is op hierdie stadium onwettig om ‘n bottel wyn met ‘n kurkprop uit te voer. Ek weet nie hoekom nie, dit is net so.

    Vir my is daar iets vreesliks omtrent wyn wat nie ‘n kurkprop ingehad het nie. Daar is vir my iets vreeslik esteties omtrent kurkproppe en ek dink altyd die wyn is van ‘n swakker gehalte as dit ‘n skroefdop het of as daar een van daardie skuimspons kurk proppe in is.

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans