Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Helikopters


Neels - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansToe ek nog klein was was een van my gunsteling TV reekse daardie een waarin die hoofkarakter ‘n spesiale (aangepaste) Bell helikopter was… ja ek verwys nou na Airwolf! Dit was seker die droom van menige laerskool outjies om in die kajuit van daardie vliegmasjien te sit en al die slegte ouens uit die lug te blaas met al die gewere en ander wapens waarmee dit toegerus was! Van daar dan seker ook waar my groot belangstelling in vliegtuie en helikopters gegroei het…

My Ma vertel ook hoedat haar oupa lank gelede gesê het hy sal seker nooit beleef dat hulle nog in sy tyd met ‘n vliegtuig op ‘n huis se dak kan land nie… en toe val hy jare later en breek sy heup, en raai hoe word hy toe na ‘n groot hospitaal geneem… ja, per helikopter, en dit land toe sowaar op die hospitaal se dak!

Mens kan jouself amper nie indink hoeveel lewens van ernstig beseerde mense verlore sou gewees het sonder helikopters nie… dis ongelooflik hoe ‘n belangrike; nee kosbare deel hulle uitmaak van reddingsorganisasies rondom die wêreld!!!

Ek het (soos gewoonlik) op Wikipedia gaan oplees oor helikopters en gedink julle mag dit dalk ook interessant vind… kyk ook na die skakels onderaan die blad, want daar is onder andere een wat kyk na die vroeë ontwikkeling van helikopter-tegnologie!

http://en.wikipedia.org/wiki/Helicopter

helikopter, Airwolf, lewens, reddingsorganisasies

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans