Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Gly Deur Verkeer Met ‘n Segway


Neels - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansIs jy ook al moeg vir duur petrol en om ure in die verkeer te sit? Dalk moet jy dan ‘n Segway Personal Transporter oorweeg, want dit is nie net baie lig op petrol nie (200km per liter!), maar jy kan ook maklik verby al daardie stringe motors gaan in spitsverkeer :-D

Die goeie nuus is dat hulle ook nou in Suid-Afrika beskikbaar is, vanaf ongeveer R45000… ja, dit is ‘n stewige bedraggie vir so ‘n “ligte” voertuig, maar op die langduur behoort dit regtig vir homself te betaal! Eintlik, soos die petrolprys deesdae styg betaal die Segway homself dalk binne ‘n paar maande ;-)

Elke Segway is ook toegerus met ‘n litium-ioon battery en mens kan verdere toebehore aankoop om jou een beter toe te rus vir jouself.

Miskien moet ek vir my baas vra of hulle nie vir ons elkeen ‘n Segway wil koop om te gebruik wanneer ons na gebruikers met rekenaarprobleme toe moet gaan nie…

Gaan koop – um kyk gerus hier en laat weet ons wat julle dink: Is dit ‘n praktiese oplossing vir twee groot probleme wat ons land tans ondervind (duur petrol en oorlaaide paaie), of net ‘n baie duur “speelding”?

http://www.segway.co.za/

petrol, verkeer, Segway, voertuig

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

6 Menings vir
“Gly Deur Verkeer Met ‘n Segway”

  1. Nico:

    Interessant. Maar die volgende probleme:

    1) Hoeveel mense sal bereid wees om teen daai prys staande te pendel?
    2) Mense gaan nie kyk vir mense op daai goedjies nie.
    3) Ek sou bekommerd wees as ek ‘n Kapenaar was dat die wind die ding sou wegwaai!
    4) En dan is daar koue, reen, hitte, geen radio nie…

    … ensovoorts.

    Maar ek dink ‘n paar van die ryk mense se kids sal dit vir kersfees kry vanjaar.

  2. Neels:

    Ek hoor jou, Nico, maar onthou daar is altyd ‘n manier om enige probleem op te los ;-)

    1) Jy het ‘n goeie punt beet daar, maar blykbaar is die ding baie gemaklik en “voel” mens nie die lang staan terwyl jy reis nie.
    2) Ek is ook bekommerd daaroor – veral vroeg soggens as dit nog donker is en die LED liggie(s) waarmee dit toegerus is gaan nie vreeslik helder skyn nie…
    3) Hieraan het ek glad nie gedink nie, en mens kan nie eers ‘n swaar passasier saamry vir ekstra gewig om die ding op die pad te hou nie, want daar’s te min plek op hom!
    4) Vir koue en reën kan jy altyd ‘n dik reënjas aantrek… en vir hitte een van daai termiese pakke… Wat “geen radio” betref: Al ooit gehoor van ‘n i-P-O-D? Meeste nuwe selfone het ook ‘n ingeboude radio en oorfone :-) Verder het die Segway darem “publieke lugreëling” – soos my motor!

    Nogal jammer dat almal van ons nie “ryk mense se kinders” is nie…

  3. PienkZuit:

    Hier in Tegnopark (buite Stellenbosch) is iemand wat nou en dan op ‘n “offroad” segway rondrits. Nogal vinnig!

  4. Louisa:

    Dit lyk oulik! Hoe vinnig kan hy gaan? Ek het so vlugtig na die site gekyk en dit se^ nie – laat my dink dit sal seker stadig wees? of hang seker af hoe gretig jy vorentoe leun?

  5. Neels:

    Dankie vir al die terugvoering sover – dis altyd lekker om van ons lesers te hoor en te sien wat julle dink!

    Louisa (en almal wat nog nuuskierig is), hier is ‘n klompie interessante feite oor die Segway, soos onder andere dat die topspoed 12.5 myl per uur is (net oor die 20km/h) – dit klink dalk stadig, maar jy sal sukkel om so vinnig te loop ;-)

    http://www.progressive.com/segway/segway_facts.asp

  6. Francois Sê:

    Jis,
    Ek het die mobiele goedjies by die Auto Africa in Novemer 2006 gesien. Mense het op en af ge-woerts by die byeenkoms, baie cool. Ek sou sê dit is ‘n lekker duur speelding, maar vir 40km op so ‘n ding werk toe en terug is nie vir my nie.
    1. Idiaal vir studente op ‘n kampus
    2. Idiaal om by tant Sanna 2blokke af vir ma ‘n koppie suiker te gaan leen, maar werktoe en terug, verkies ek eerder die “ou-myt” se rug.

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans