Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AdrikaansSoos die meeste van die aanhangers weet is Fokofpolisiekar op ‘n breuk vir die eerste ses maande van hierdie jaar, wat beteken dat die lede op hul eie solo projekte en studies kan konsentreer.

Ongelukkig beteken dit ook dat ons hulle nie in lewende lywe kon sien vir die afgelope paar maande nie, maar met die nuus van ‘n toer in die afgelope week is lekker opgewonde.

Aug 9 2007 – Oppikoppi13: The way of the dassie (Northam)
Aug 10 2007 – Coca-Cola Dome (Johannesburg)
Aug 11 2007 – Velodrome (Bellville)
Sep 29 2007 – OppiAarde (Potchefstroom)

Die twee wat my aandag die meeste trek is die optredes van die 10de en die 11de.. kom ons sê maar net dat dit lekker groot areas… laat mens wonder wie anders gaan speel :)

http://www.myspace.com/fokofpolisiekarband

fokofpolisiekar, afrikaans, musiek, optree

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

5 Menings vir
“Fokofpolisiekar Nuus”

  1. Link Sê:

    Is dit die moeite werd om na die mense se musiek te luister, en is dit die moeite werd om geld op die boggers te spandeer, en is dit die moeite werd om die skurke nog publisiteit te gee, deur ‘n artikel van afwagting op kuier.co.za te skryf?

  2. Gerhard:

    Hi Link

    Ek reken ‘n mens kan dieselfde vraag vra oor die meeste dinge wat ons elke dag doen.. is dit regtig die moeite werd?

    Persoonlik dink ek dit is belangrik om Afrikaanse groepe te help so ver as moontlik, want op die einde van die dag is dit musiek wat gaan agter bly. Jy mag dalk nie meer onthou wat die kunstenaar alles op sy dag gedoen het nie, maar sy musiek sal nog daar wees…

    Persoonlik dink ek Fokofpolisiekar het baie gedoen vir Afrikaanse musiek. Ek ken Engelse mense was sukkel om Afrikaans te praat, maar wat elke woord kan saam sing as Fokofpolisiekar speel.

    Dit wil gedoen wees! :)

  3. Link Sê:

    Hulle is rebelle wat die jeug rebels maak en alle Christelike waardes waaruit ons afrikaner bestaan tot in die grond vertrap.

    Lees bietjie oor die dinge wat die “Afrikaanse Groep” gedoen het vir ons land en jeug se beeld in die VK laasjaar op toer saam met die groep Velve.

    Ek is nie nougeset nie, maar kom nou, daar is baie meer sukkelende ordentlike afrikaanse mense wat musiek maak, wat ons hulp nodig het.

    My siening dat hulle rebelse rampokkers is, met geen morele, geen waardes, en geen menslikheid, word deur hulle optrede en hulle publisiteit bevestig.

    So dit is maar my nederige mening, en dankie vir die geleentheid.

  4. Dawie Sê:

    ek ondersteun eerder vir fpk voor ek vir kurt darren, nicholis louw of enige van die horde ander sokkiejoltreffer “kunstenaars” ondersteun…

  5. Bianca:

    JA DAWIE DIS NET JY WAT SO IETS SAL KWYT RAAK!!!

    HEY MAAR FPK ROCK!!!

    DIT IS SEKER DIE ENIGSTE DING WAT EK EN JY MEE SAAMSTEM!!!

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans