Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Wie Swaai Die Septer?


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansMeeste van ons weet Brittanje is ‘n Monargie…, maar wat beteken dit regtig? Hulle het ‘n koningshuis en aan die hoof daarvan is (in die geval) ‘n koningin… dit beteken egter nie dat sy in beheer van die land is nie!

Dit blyk dat Tony Blair, die Britse Eersteminister, eintlik al die groot besluite neem en dis juis oor sommige van daardie besluite dat hy versoek is om uit te tree uit sy amp.

So nou wonder ek, is die ou dame (met respek gesê) net daar om tee te drink en vir die mense te waai, of dien sy nog ‘n doel?

In meeste fantasieverhale is daar ‘n magtige Koning wat oor die land regeer en almal wat in sy pad staan kry te doen met honderde, selfs duisende ridders wat nie sal huiwer om hul koning se eer te verdedig nis, selfs al kos dit hulle lewens… so hoeveel ridders is daar nog in die wêreld en hoeveel sal hul lewens vir ‘n koning of koningin opoffer?

Vir die van julle wat gedink het dat dit net die Verenigde Koningkryk en Nederland is wat Koningshuise het, het ek nuus – die onderstaande Wikipedia bladsy gee ‘n relatief lang lys van Monargieë rondom die wêreld, asook watter (en hoeveel) mag daardie konings of koninginne het! Ek belowe dat die meeste van julle vandag iets gaan leer wat julle nie voorheen geweet het nie – gaan kyk bietjie na daardie lys :-)

http://en.wikipedia.org/wiki/Monarchy

monargie, koningshuise, regeer, mag

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans