“Valiant Swart en die boeremusieklegende Ollie Viljoen het onlangs hul eerste gesamentlike album Vuur en Vlam uitgereik.
Die album bevat sewentien snitte, bestaande uit tradisionele boeremusiek en volksliedjies, asook talle splinternuwe skeppings. Daar is byna ewe veel instrumentale as vokale nommers, oorwegend in die volks- en boeremusiek idioom, afgewissel met invloede uit die twee kunstenaars se gedeelde passie vir blues en cajun/jazz/sigeunermusiek.
Ollie speel akkordion, klavier en Hammond-orrel, terwyl Valiant sing en die kitare speel. Uitgesoekte musikante, deur Ollie en Valiant gedoop Die Mystic Boereorkes, het kragte saamgesnoer om onweerstaanbare vonkel aan die album te verleen. Daar is, onder andere, die konsertinakaptein Barney van Dyk, die dromme-en-perkussie maestro Barry van Zyl, die viool-fenomeen Wynand Davel, die trompetgeskal van Adriaan Brand en die bobaas blues-bekfluitjie van Dave Ferguson. Verder verskyn Laurinda Hofmeyr as spesiale gas op My hart verlang na die Boland, een van die ou gunstelinge…”
Valiant Swart verbaas ons elke keer met die keuses wat hy in musikale loopbaan maak… Daar is ‘n rede hoekom hy een van my gunsteling musiekante is
Vir die mense wat van musiek DVDs hou is daar ook ‘n lekker verrassing in die pyplyn… Die opnamesessies is volledig vir DVD verfilm, wat ook gereed is om binnekort uitgereik te word.
Ek kan nie wag nie!
May 28th, 2007 at 11:59 am
ek het hierdie CD gekoop, dit is briljant, die “fusion” van Valiant se kitaar en Ollie se trekklavier en ander instrumente.
Ek wonder wat sou Paul Kruger sê as hy dit kon hoor…
July 4th, 2007 at 4:32 pm
ek het vir Valiant en Ollie live gecheck by Blue Moon in Nelspruit laas naweek. Dit was amazing, Ollie mag maar ‘n trekklavier speel. Die skare het hom herhaaldelik toegejuig. Dis mos talent!
July 9th, 2007 at 9:19 am
Hey ek dink oom ollie en valiant kook in AFRIKAANS!!!