Dit is so maklik om verlore te raak in die dag na dag gejaag tussen vergaderings, werk en spertye.. Ek dink ons is geneig om nie te besef hoeveel tyd ons elke dag “weggooi” tussen die vergadings en ander werk nie.
As jy dink, sê daar is net 1 vergadering en 2 projekte met spertye in ons dag, en soos gewoontlik kom die projekte nie direk na mekaar in nie… hoekom?.. wie weet?!
So se jy wag 5 minute voor die vergadering begin en 10 minute voor die tweede projek inkom (nadat die eerste projek ingehandig is). Dan is daar natuurlik die laaste 10 minute van die dag wat net nie produktief wil wees nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie… Dit is klaar 25 minute vir iets anders!
Vandag se webwerf het ‘n reeks dinge wat jy kan doen om hierdie “verlore” minute tot die maksimum toe te gebruik.
Daar is ‘n paar dinge in hierdie lys wat ek dalk mag toepas
http://www.lifehack.org/articles/productivity/20-productive…