Ek en een van my vriende het die ander dag hieroor gesels. Motorwerktuigkundiges wat in Formule 1 werk is van die beste in die wêreld, so hoekom gebruik hulle nie hulle tyd op iets meer produktief as motorsport nie?
Wel.. een van hulle het… Guy Nà?gre het ‘n motor ontwerp wat op lugdruk loop. Om sy “tenk” vol te maak sal minder as R20 kos en die goeie nuus is dat hy nie net ‘n skets op iemand se tafel is nie, maar amper al in produksie is.
Die motor word uitgebring deur die Tata maatskappy in Indië en hulle beplan om 6000 van hierdie motors op die pad te hê, in Indië, teen 2008.
Nou kan ons net hoop dat Tata vir ons ook van hierdie modelle gaan beskikbaar stel, want dit klink na die beste plan in sommer ‘n hele paar jaar!
http://www.ecogeek.org/content/view/659/