Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Southappies Uit Die See


Neels - Eet en Drink, Nuusagtig

AfrikaansDis alweer amper tyd vir die jaarlikse Oesterfees op Knysna en hope “fynproewers” sal sekerlik weer daarheen reis vir die geleentheid. Ek is egter nie een van hulle nie, want hulle sê mos mens moet ‘n smaak ontwikkel vir sulke “eksotiese” kosse… en ek kan beslis beaam dat nie almal van daardie baie prominente smaak hou nie!

Om die waarheid te sê, die eerste keer wat ek ‘n rou oester (op die strand) geëet het, het ek so ‘n gesig getrek as gevolg van die vreeslike intense sout smaak dat ek bly is die horlosie het nie 12 geslaan en die uitdrukking so verewig nie! Dan het ek permanent soos die hoofkarakter in die Scream flieks gelyk!!!

Hoekom hou party mense van al die eienaardigste “kosse” op aarde?

Mense wat belangstel om uit te vind presies wanneer die fees hierdie jaar plaasvind en wat om te verwag (lyk nogal na ‘n baie lekker affêre) kan gerus verder gaan lees by hierdie skakel:

http://www.ioltravel.co.za/article/view/3870038

Dit sal nogal interessant wees om te hoor wat die vreemdste (of ergste) smake was wat ons leser al ervaar het, so laat weet ons gerus! Let wel dat ek nie vra wat die vreemdste dinge is wat julle al geëet het nie, want ons probeer om nie besoekers af te skrik nie ;-)

oesterfees, smaak, kosse, ergste

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Southappies Uit Die See”

  1. acidicice:

    SIES!!!!! Ek het terloops onlangs vir die eerste keer oesters probeer eet. Ek het glad nie van die smaak of die tekstuur gehou nie…die ergste was dat ek net twee geeet het en na ‘n paar ure verskriklik siek geword het…Dalk is ek allergies?

    Ek het ‘n smaak vir blou kaas ontwikkel. Ek het nooit van die goed gehou nie, maar toe ek eers daaraan gewoond geraak het….Ek kan nou nie genoeg daarvan kry nie!!!

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans