Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Sê Nee vir Anti-Bakteriese Produkte


Gerhard - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansVir jare al oorleef die mensdom deur met gewone seep te bad of te stort. Ons het die donker eeue so oorleef en is nog sterk aan die gang, maar om een of ander rede is anti-bakteriese produkte besig om oral hul koppe uit te steek.

Wetenskaplikes is taamlik besorg oor hierdie idee, want volgens hulle maak hierdie produkte nie net die slegte bakterië dood nie, maar ook die goeie mikrobes. Hulle sê ook dat hierdie produkte gaan veroorsaak dat sterker bakterië gaan vorm wat natuurlike moeiliker gaan wees om van ontslae te raak.

Interessant genoeg is hierdie iets waaroor ek al vir lankal ‘n teorie gehad het, maar nou is daar wetenskaplike navorsing om dit te staaf :)

http://www.sciam.com/article.cfm?articleid=024FEAE8…

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

1 Mening vir
“Sê Nee vir Anti-Bakteriese Produkte”

  1. Ryan:

    Dit is veels te lank gelede wat ek op die site weer kom kuier het. Dit is goed om te sien dat suiwer Afrikaans nog lewe, selfs op die internet. Jou poging om mense te laat sien dat Afrikaans ook modern en pret is, is fantasties.

    My suiwer Afrikaans sukkel maar nog so ‘n bietjie. Ek is seker as ek ‘n bietjie meer gereeld by Kuier kom kuier sal alles beter gaan.

    Sterkte
    Ryan

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans