Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Liedjieskryfkompetisie vir Kapenaars


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans‘n Nuwe liedjieskryfkompetisie eksklusief vir Kapenaars is sopas geloods, met pryse ter waarde van R25 000 op die spel. Die Vivacious Voice Maak lawaai! Liedjieskryfkompetisie is in die lewe geroep deur sanger, liedjieskrywer en stem-afrigter Philip de Villiers, wat drie maande gelede die eerste liedjieskryf-akademie in Suid-Afrika op die been gebring het. Sy kursus, “The Songwriter´s Toolkit,” bemagtig Kaapse liedjieskrywers op ´n kreatiewe en finansiele vlak. “Dis bloot ´n mite dat kunstenaars nie finansieel suksesvol kan wees nie. As my vriende in die IT-industrie in blink karre kan ry, hoekom nie liedjieskrywers nie? Ons is deel van ´n R2.5 biljoen musiekmark plaaslik, en ´n $55 biljoen internasionale mark. Dis tyd dat ons liedjieskrywers ag as waardevolle potensiele uitvoerprodukte. Maar eers moet ons hulle toerus met die nodige vaardighede om liedjies van internasionale gehalte te kan skep.”

Die kompetisie diskrimineer glad nie teen sekere style nie, maar word beoordeel op grond van die gehalte van lirieke en melodiee, asook kommersiele vatbaarheid. Die beoordelaars is geskies uit verskillende kulturele – en musiek-agtergronde om ´n gebalanseerde, objektiewe mening te kan vorm.

Die eerste prys is R10 000 kontant, ´n fotografie-sessie van R3500 en R5000 se web-advertensie-ruimte. Die tweede prys is ´n Vivacious Voice sangkursus, en ´n Songwriter´s Toolkit kursus, gesamentlik ter waarde van R5000. Die derde prys is ´n beginnerskitaarkursus van R1650 van Guitar-4-U.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 17 Julie 2007. Beoordeling vind plaas op 18 en 19 Julie, en die wenner word aangekondig op Vrydag 20 Julie.

Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.vivaciousvoice.com Kliek op “Competition.”

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans