Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

iPhone Raak Alreeds Meer Gevorderd


Neels - Algemene Geselskap, Tegnologie

AfrikaansTegnologie ontwikkel deesdae so vinnig dat mens glad nie kan byhou nie! Ja, die nuwe iPhone van Apple is nog nie eers in Suid-Afrika beskikbaar nie, en dit het alreeds ‘n paar “opgraderings” gekry :-)

Eerstens, sal dit nou moontlik wees om videos vanaf YouTube direk daarop te kyk – ‘n funksie waarmee hope Internetvideo-verslaafdes seker baie in hul skik gaan wees! Dan sal die nuwe AppleTV sagteware opdatering eienaars ook in staat stel om videos direk op hul televisieskerms te vertoon vanaf die iPhone. Die ouens van Apple het gedink hul ondersteuners sal verder baat vind van ‘n sterker battery en ‘n glas vertoonskerm om meer genot en ‘n beter beeld te verkry van die lank verwagte nuwe speelding met die appel-embleem.

Na verwagting kan ons hier aan die suidpunt van Afrika eers verwag om teen November van die iPhones op winkelrakke te sien – net betyds vir daai Kersfeeslysies ;-)

So hoe lyk dit – hoeveel van julle beplan reeds om een te koop wanneer dit hier uitkom? Dit lyk of mens nogal redelik bankrot gaan raak as jy wel een aanskaf, siende dat voorlopige pryse sowat $500-600 beloop!

http://www.ioltechnology.co.za/article_page.php?iArticleId=50174…

iphone, youtube, opgraderings, beter

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans