Eet is een van daardie dinge wat ons almal daagliks doen, maar nie regtig oor dink nie. Ja daar is kook programme op TV en baie boeke, maar het ons al ooit regtig gewonder wat ander normale mense soos ons in ander lande vir aandete eet?
Vandag se webwerf bevat ‘n reeks foto’s van families en hulle kos aankope vir ‘n week. Wat dit nog meer interessant maak is dat die bedrae wat hulle op kos spandeer ook hierby is.
Nogal interessant om te sien hoe families in kleiner landjies oor die weg kom met soveel minder as families in die groter, eerste wêreld lande.
http://v.mercola.com/blogs/public_blog/What-the-World…