Dit klink vir my na ‘n blink idee… miskien ‘n bietjie ouderwets, maar is dit regtig so erg?
Die vraag: Is jy opsoek na iemand wat ‘n spesifieke talent of vermoë het om jou te help met iets waarvan jy self dalk nie kop of stert weet nie?
Die antwoord: Besoek dan sommer dadelik die “SwapaSkill” webwerf! Daar kan mens gratis jou talente en spesialiteite registreer, asook waar jy jouself bevind. Ongelukkig gee dit tans nog net die Verenigde State van Amerika, en die VK en Ierland aan, maar hopelik sal dit binnekort uitbrei om die res van die wêreld ook te “bedien”.
Hmmm, ruilhandel… dit was seker een van die beste ekonomie-stelsels van alle tye! Ek wil iets hê wat jy het, so ek ruil iets wat ek het daarvoor – baie regverdig en almal is gelukkig, en dit maak vir my baie meer sin as om vir iemand ‘n stukkie papier met syfers daarop te gee
http://swapaskill.com/main.php