Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Die Wonder van Vlêrmuise


Neels - Interessanthede, Natuur

AfrikaansDaar is seker min mense wat nog nooit ‘n Batman fliek of animasiereeks gekyk het, of een van die strokiesprente gelees het (as jy prentjies kyk “lees” noem!) nie…

Besef julle egter hoe besonders vlêrmuise werklik is? In die eerste plek is dit eintlik hul “arms” wat tot vlerke ontwikkel het! Verder is dit interessant dat daar geen ander soogdiere is wat van nature kan vlieg nie!!! Dan is hulle ook een van slegs drie groepe bewoners van ons planeet wat die vermoë het om sonar te gebruik – die ander is natuurlik walvisse en dolfyne. Hul gehoor- en reuksintuie is ook baie goed ontwikkel.

Baie mense dink dat hierdie nagdiertjies net in grotte aangetref kan word, maar ek het al heel party aande in die tuin gestaan en kyk hoe een of twee vrugtevlêrmuise (dit is net een van die sowat 1100 verskillende spesies!) van boom tot boom vladder en tussendeur ‘n paar vertoonvlugte uitvoer – waarskynlik opsoek na kos. Dit dryf natuurlik die honde tot raserny… veral as een van daardie honde ‘n Jack Russell is! Gelukkig is daar slegs drie spesies van vlêrmuise wat van bloed hou – die res is almal insek- of plantvreters! Dus hoef ons darem nie heeltyd te wonder of daar ‘n Dracula êrens in die skadus vir ons sit en wag nie :-)

Dit was vir my geweldig interessant en insiggewend om te lees oor die diertjies en beveel aan dat julle dieselfde doen!

http://en.wikipedia.org/wiki/Bats

Hier is ook weer vir ‘n slag bietjie Afrikaanse temahulp oor die onderwerp:

http://www.mieliestronk.com/vlermuise.html

Batman, vlêrmuise, soogdiere, sonar

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans