Gebruik jy elke dag ‘n webblaaier? Dan sal jy beslis baat vind by die volgende lys van kortpadsleutels – veral as die gebruik van die Internet deel van jou werk uitmaak! Mens kan die sleutelkombinasies gebruik om meeste aksies baie vinniger uit te voer as om deur ‘n rits spyskaarte te gaan met die muis en alles op die “normale” manier te gaan kies!
Hierdie bladsy verskyn op Mozilla se werf, maar hulle het dit goedgedink om ook die ooreenstemmende sleutelkombinasies vir Internet Explorer en Opera (my gunsteling webblaaier) op daardie tabel in te sluit – nogal vir Windows, Mac en Linux
http://www.mozilla.org/support/firefox/keyboard