Toe welsynwerkers in Parys onlangs ‘n hawelose vrou wou verskuif kon hulle aanvanklik nie verstaan hoekom sy so graag wou bly waar sy is nie… toe ontdek hulle wat in al haar vullissakke en ou tasse weggesteek is: Meer as 68000 Euros (ongeveer R650,000 met die huidige uitruilkoers)! Blykbaar het die 66-jarige vroutjie, wat bekendstaan as “die prinses”, dit oor die afgelope 10 jaar wat sy al op straat woon versamel deur te bedel!
Laat mens nogal wonder hoeveel ander bedelaars eintlik al soos konings (of prinsesse) kan leef
Terloops, voordat ek die fliek Malunde gekyk het was ek ook glad nie bewus daarvan dat daar ‘n spesifieke tegniek is wat mens moet volg om ‘n suksesvolle bedelaar te wees nie!
http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&art_id=…