Die 75-jarige Mev Sigbritt Là?thberg van Karlstad in Swede het onlangs in die geskiedenisboeke verewig geraak toe sy die vinnigste Internet verbinding op aarde in haar huis ontvang het! Haar nuwe 40 Gigabis (ja, dit is die Afrikaans vir “Gigabit”) per sekonde lyn is sowat 10 000 keer vinniger as die vinnigste (4Mbps) ADSL verbinding in Suid-Afrika!!! Net om te beklemtoon presies hoe vinnig dit is: Daarmee sal sy ‘n vollengte, hoë-definisie DVD (HD-DVD of BluRay) in slegs 2 sekondes kan aflaai van die Internet
‘n Nuwe tipe tegnologie word vir hierdie hoë-spoed lyn gebruik, waarmee data dan oor ‘n afstand van tot 2000 kilometer gestuur of ontvang kan word, sonder dat daar enige addisionele netwerktoerusting tussen-in is… Dis mos nou “Breëband-Internet”!!!
Nogal lekker as mens ‘n Internet legende soos Peter Là?thberg vir ‘n seun het, en jy kan nuwe kommunikasietegnologie soos die toets! Nou wonder ek net wat die tannie met haar vinnige Internet gaan doen
http://www.thelocal.se/7869/20070712/
July 27th, 2007 at 9:26 pm
hallo, is dit Afrikaans ?
het lijkt meer op mijn taal, nederlands
groeten uit amsterdam
July 29th, 2007 at 12:06 am
As gigabis is gigabits in afrikaans, wat is die afrikaanse woord vir gigabytes?
vriendelike groete,
Torbjorn van Norwëe
July 30th, 2007 at 8:23 am
Torbjorn, die Afrikaans vir ‘n “byte” is ‘n “greep”, m.a.w. die antwoord op jou vraag is dus “Gigagrepe”
July 30th, 2007 at 8:26 am
Goeie dag Vandaar,
Baie welkom by Kuier.co.za – ons is altyd bly om van nuwe lesers te hoor!
Ja, dit is inderdaad Afrikaans hierdie, en soos jy opgemerk het is dit baie na aan Nederlands, omdat ons taal van joune ontstaan het!
Groete uit Suid-Afrika.