Het jy nog altyd daarvan gedroom om jou eie eiland te hê? Om Jou eie hawe en strande te hê?
Wel, dan is vandag jou gelukkige dag! Daar is een te koop op eBay. Dit word beskryf as een van die beste eilande in die Stille oseaan, naby Fiji. Die eiland is 1 myl en het 225 hektar land.
Om alles te kroon is die water ook so helder dat jy 200 voet diep kan sien en volgens die foto’s is daar ook mooi see lewe om die eiland.
My groot vraag is net hoekom die eienaar dit so graag wil verkoop…
http://cgi.ebay.com/FIDSCHI-INSEL-90-Hektar-Blue-Lagoon…