‘n Japanese motorfietsryer het Maandag saam met vriende gaan ry, toe hy beheer oor sy fiets verloor en teen die veiligheidsrelings beland het… Hy het ‘n geweldige pyn ervaar, maar kon nog aanry. Sowat 2km later – by die volgende kruising – besef die mideljarige man toe eers dat iets (s)kort: Sy regterbeen! Een van sy vriende het die been intussen opgetel, maar by die hospitaal kon hulle dit nie weer aanheg nie, aangesin die impak teen die relings dit grootendeels vergruis het.
Dit verstom my altyd hoe die menslike brein werk – dat dit in ‘n geval soos hierdie, van uiterste trauma die “stappe” neem om mens aan die gang te hou en die pyn eers later inskop!
http://www.iol.co.za/index.php?from..