Hoeveel keer het jy al daaraan gedink om ‘n Chinese of Japanese karakter iewers op jou te laat tatoeer? As ek 100% eerlik moet wee dan kan ek sê dat die idee al ten minste een of twee kere opgekom het.
Dit was met dieselfe gevoel wat Lee Beck van Southend ‘n paar karakters op sy arm laat tatoeer het.. ongelukkig het dit glad nie beteken wat hy gedink het dit gaan beteken nie.. en om alles te kroon moes hy dit uitvind nadat ‘n Chinese meisie vir hom in ‘n restaurant gelag het.
Dit moet iets in die lyn van “liefde, eer en volg” gewees het, maar het as “aan die einde van die dag, is hierdie maar ‘n lelike seun” op sy arm geeindig.
Dit het blykbaar $900 gekos om te laat verwyder… dit sal my meer as twee keer laat dink voor ek so iets doen
http://img473.imageshack.us/img473/5286/metrotattoo…
September 10th, 2007 at 6:08 pm
Ek het lanklaas so hard gelag, dis nou iets ne? ‘n Paar jaar gelede toe het ek vir my ‘n mooi iets gekoop om in my voorhuis te hang, Dit was Chinese Astrologie, met n klomp goed by wat “famielie” beteken, dis what “Mei Ling” my innie winkel gese het. My buurman wat ook Chinese is (Kannie sy naam spel nie) het toe meeste van dit geontsyfer dat dit well dit was, alhoewel hy ook nie som kan uitmaak nie want jy kry meer as sewe tipe Chinees: Mandarin, Tibetan, Cantong Ens. Sal defnitief vir hom saamvat as ek my Tattoo gaan kry.
Groete