Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Gaan Kampeer Sonder die Gejaag


Neels - Lekkertes, Natuur

Afrikaans“Opstaan, slaapkous! As ons te laat ry gaan dit warm wees op die pad en die verkeer gaan erg wees! Jy moet nog vir jou pa gaan help kyk dat al die karavaan se ligte werk en dan moet ons die laaste goed inpak. Daar’s nie tyd om nog te lê en slaap nie!”.

Dit is min of meer hoe ek wakker geword het as kind, toe ons nog gedurende skoolvakansies gaan kampeer het. Die ding wat opvallend was van elke liewe vakansie, was dat dit altyd ‘n gejaag afgegee het om alles betyds klaar en reg te kry en seker te maak dat dit wat moet saamgaan wel ingepak is.

Afgesien daarvan was dit nogtans my gunsteling vakansies… die kere wanneer die woonwa gepak en gehaak is en ons na ‘n paar ure op die pad kon uitsien na so 2-3 weke van agteroor sit en luister na die geluide van die natuur, saam kuier en gesels, en net van alles by die huis vergeet! Daar was geen irriterende selfone, of televisie of ander elektronika nie – net ons en die natuur.

Het jy en jou gesin al ooit gaan kampeer? Vertel ons asseblief as jy enige interessante stories het – ek is seker dat ander lesers ook graag daarvan sal wil lees!

Ons het nou wel altyd die woonwa gehaak en nooit in ‘n tent in die bos gaan slaap nie, maar dit was nogtans altyd baie lekker! Ek sou tog nogal graag die tent “roete” ook wou probeer, want dit behoort selfs meer opwindend te wees en mens nog nader aan die natuur te bring… Ons woonwa se dak het in elk geval altyd êrens ‘n lekplek gehad, so vir natreen in ‘n tent skrik ek ook nie :-)

Soos ek gesê het, is daar altyd ‘n gejaag wanneer D-dag uiteindelik aanbreek! Gewoonlik is die kinders darem baie goed voorbereid en vir omtrent twee weke voor die tyd al besig om te beplan wat hulle alles gaan saamneem en wat om alles gedurende die vakansie te doen, maar selfs met ‘n lysie van wat-om-in-te-pak word daar meestal so ‘n paar belangrike dinge vergeet… Ek self het as kind vir elke vakansie ‘n deeglike lysie opgestel sodat ek nooit iets “belangriks” gemis het nie (my flits en sakmes was altyd bo aan daardie lysies!), maar Ma en Pa het sommer op hul geheue staatgemaak – volgens my nie so ‘n goeie idee nie ;-)

Ek het gister op die volgende baie waardevolle (volgens my) skakel afgekom, waar mens sommer ‘n voorafopgestelde kampeer kontrolelys kan aflaai, en dan kan jy daarop afmerk soos alles ingepak word, en natuurlik ook nog items byvoeg indien nodig:

http://www.voetspore.co.za/kaaptotkili/index.php?location=checklist

kampeer, vakansie, karavaan, lysie

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans