‘n Aussie het onlangs nogal ‘n interessante storie gehad om te vertel toe hy vir ‘n week lank bo in ‘n boom moes sit, in die noorde van Queensland, omdat die krokodille in die omringende moeras nie te vriendelik gelyk het nie…
Op die ou end moes die man maar net daar sit en wag totdat ‘n helikopter hom kon kom red. David George sê dit was nogal senutergend om te sien hoedat twee krokodille heeltyd onder die boom sit en na hom staar! Met ware Aussie sportgees het David voortdurend vir die krokkies beledigende aanmerkings geskree en meegedeel dat hulle hom nie in die hande sal kry nie…
Hy het glo heel kreatief geraak in sy pogings om verbygaande vliegtuie en helikopters se aandag te trek – insluitend om die son van sy metaal tabakblikkie af te weerkaats, sy hemp aan ‘n tak rond te waai, en toiletpapier oor die boom se takke te sprei.
Op die agtste dag van sy uitkampering in die boom het ‘n reddingspan bestaande uit die Australiese weermag, polisie en plaaslike spoorsnyers hom gevind.
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id…
November 8th, 2007 at 11:53 am
Neels,
ek kan nie help om te lag en wonder wat daardie australiër met die krokodille sou gemaak het nie – as hy nog gelewe het natuurlik! – Om alleen in daardie bosse te gaan stap het moes die persoon bietjie mal wees, maar om in ´n boom te spring is bietjie erg!
Ek love hierdie webwerf van julle
Mooibly
Bev
November 8th, 2007 at 12:30 pm
Ja Bev, dit sal seker maar net die Aussies (en dalk die Yanks) wees wat so verwaant kan raak soos daardie!
Dankie – dis altyd lekker om te hoor dat lesers daarvan hou om besoek af te lê by Kuier.co.za!
Jammer aan al ons getroue lesers dat hier so min opdaterings plaasvind die afgelope tyd – beide ek en Gerhard is geweldig besig met werk en sal so gou moontlik weer probeer om die saak reg te stel
Ek het self vanoggend gedink ek wil ten minste probeer om een nuwe storie elke week op te sit, selfs al beteken dit ek sit saans laat of oor die naweek daarmee. My Internet tuis is ook van vanmiddag af darem weer aan, so dit behoort te help.
Kom kyk maar gerus weer elke week vir nuus op Kuier.co.za…
Groete en mag dit goedgaan,
Neels.