Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Nog ‘n Lang, Vol Week Verby


Neels - Afrikaans, Algemene Geselskap

AfrikaansJa mense, hier is ons sowaar alweer aan die einde van ‘n week, en dit was nog ‘n week wat net eenvoudig nie tyd gehad het om stories te gaan soek vir Kuier nie… Ek vra verskoning dat ek nie my belofte in daardie verband aan ons lesers nagekom het nie!

Wel, nadat ek opgewonde geraak het omdat my Internet weer oënskynlik in werkende toestand en “altyd aan” sou wees (en ek gevolglik saans tuis aan Kuier sou kon werk), het ECC Internet toe oudergewoonte binne ‘n paar uur die een of ander probleem ontwikkel en ek sit toe vir nàg ‘n week sonder Internet. Dis toe net daar dat ek besluit genoeg is genoeg en ek kanselleer by hulle! Die eienaar van die diensverskaffer was seker maar net te bly om van my ontslae te raak, want ek het voortdurend gekla oor hulle swak diens en verskeie klagtes by die Verbruikersbeskermer gelê teen hulle… Hy deel my toe egter mee dat hy ongelukkig nie kan sê wanneer hulle die toerusting (antenna en “router”) sal kan kom uithaal by my huis en my R2000 deposito en die R200 wat ek reeds vooruit betaal het vir November aan my terugbetaal nie, want hulle het nie nou geld nie, a.g.v. al die kliente wat reeds weg is na aanleiding van hulle “probleme”…

So nou wag ek maar totdat hulle eendag weer geld inkry en my R2200 kan terugbetaal… en ek is hard aan die soek na ‘n ander, beter Internetverskaffer! Is dit net ek wat dink dat Telkom selfs na hulle “groot” prysbesnoeiings nog altyd belaglik duur is met ADSL? Ek bedoel, om elke maand R111 vir ‘n telefoonlyn te betaal wat jy slegs vir ADSL gaan gebruik, en nog R152 om ADSL daarop te kan gebruik, en dan ‘n verdere R200+ om ADSL te gebruik… dis bietjie woes!

Enige lesers met goeie ondervinding van onbeperkte (”uncapped”) Internet wat nie te veel beperkings het met waarvoor jy dit mag en nie mag gebruik nie, en nie te buitensporig duur is nie kan my asb laat weet!

Geniet die naweek, en kom kyk maar weer volgende week of hier darem vir ‘n slag vars nuus is ;-)

Ek het darem op die volgende webwerf afgekom, waar hulle ‘n lys gee van “Wireless” Internet diensverskaffers wat gereguleer word in terme van die kwaliteit diens, ens wat hulle lewer… so dalk is dit veilig om een van hulle te kies…?

http://www.wapa.org.za/members/

week, internet, swak, diens

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

7 Menings vir
“Nog ‘n Lang, Vol Week Verby”

  1. My Kop Op 'n Blok!:

    Ja ek dink ook ADSL is ‘n “rip-off”, maar daar is nie eintlik beter alternatiewe nie. Nadat my lyn vir twee weke af was het ek daar gesit sonder internet en my so verveel dat ek ‘n storiejie geskryf het: http://mykopop.wordpress.com/2007/11/12/speelgoed-uit-die-warm-plek/

    Fyn lees. As jy dit nie vang nie, lees ook daaropvolgende inskrywings en komentare!

    Ek sien nie iBurst en Sentech se name by WAPA nie! Ek verstaan MyWireless is besig om uitgefaseer te word. Ek wou graag vir iBurst gaan maar my seun reken hy sal nie online-gaming deur hulle kan doen nie.

    Ek het uiteindelik so ver gekom om jou RSS-voer in my Bloglines te sit. Nou moet jy net skryf!

  2. Neels:

    Dankie vir die boodskap – in hierdie gejaagde lewe wat ons deesdae ly is dit soms nodig om net herinner te word dat daar ‘n rustiger, eenvoudiger lewe is… ons moet maar net al die moderne dinge soms vir so ‘n tydjie eenkant toe skuif en diep asemhaal, sodat die ou breinselle weer kan suurstof kry!

  3. burt:

    Ek het n klien besigheid op die been gebring,
    doen redelik maar probeer n bank nader as jy wil uitbrei,onnosel,lieg,kak diens om nie te praat van die arogante ape nie,as ek die woord hoor(my hande is afgekap)will ek my self beskuit.

  4. EKS MEISIE Sê:

    Nats, hi,jammer om jou teleur te stel stel jong,maar dit is niks anders om met Nicholis uit te gaan as met enige iemand anders nie, want op die ou end is hy maar net n dood gewone mens. Behalwe natuurlik dat jy hom omtrent nooit sien nie,en dat hy nie net joune is nie. Jy deel hom gedurig. Ek wil nie graag se waar ek hom ontmoet het nie,maar ek weet dat hierdie ander girlie (soos Bad Girl ha beskryf)en hy mekaar op 1 van sy shows ontmoet het!

  5. EKS MEISIE:

    .

  6. Koot Hoffman Sê:

    kla kla kla – dis al wat Neels doen – neewat

  7. Neels:

    Koot, die rede waarom ek so ge”kla kla kla” het oor (by) my diensverskaffer, is omdat hulle nie die diens gelewer het waarop hulle met my ooreengekom het nie en ek was nie tevrede om maar net agteroor te sit en dit so te aanvaar nie. Ek wou probeer om dinge te verbeter – vir myself en vir hulle ander klante, wat ook ‘n swak diens ontvang het! Lyk my jy is een van daardie lui Afrikaners wat maar net heeldag op sy agterent le en jou vrou moet maar na alles omsien… en as jy swak diens ontvang van ‘n sogenaamde “professionele” diensonderneming dan aanvaar jy dit maar net so, want mense het mos al gewoond geraak daaraan. Dis sulke mense wat nie die reg het om te kla nie, want hulle PROBEER nie eers om dinge te verbeter nie. Daar is ‘n REUSE verskil tussen net kla om te kla en kla in die proses van optrede! Gaan dink bietjie daaroor, en volgende keer as jy weer wil kla oor my werk op die webwerf – vra jouself af of jy net kla om te kla en of daar geldige redes daaragter is.

    Wanneer laas het jy gaan sit en in Afrikaans geskryf, behalwe as dit is om iemand anders te probeer afkraak en die beeld van Afrikaans te skaad? Ag nee sies man!

    NS het jy NOU eers hierdie storie gelees of net nou eers besluit om daaroor te kla? Dis ten minste ‘n stap in die regte rigting: Jy’t darem uiteindelik besluit om iets te doen – mooi Koot!

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans