Afrikaans sprekendes van regoor die wereld gaan hulle oujaar uittel op die baie gewilde Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines Live!
Die bestuurder van hierdie radio stasie, Raymond Greenberg, sê dat hulle omroepers wat uit verskillende wêrelddele uitsaai, gereed staan om elke tydsone se luisteraars te akkommodeer deur lewendig hulle aftelling na nuwejaar uit te saai. Dit kom basies daarop neer dat luisteraars, soos wat hulle nuwejaar aanbreek in hulle tydsone, na die ateljee kan deurbel en lewendig op die lug hulle aanbreek van die nuwejaar af te tel en te vier. Luisteraars in 13 Tydsones het reeds aangedui dat hulle beslis gaan deelneem aan hierdie wonderlike geleentheid om hulle nuwejaar te deel met ander luisteraars waar nuwejaar nog moet aanbreek, of waar nuwejaar reeds aangebreek het.
Die 13 Tydsones huidiglik van toepassing in die volgorde waarop nuwejaar vir elk gaan aanbreek is as volg:
1. New Zealand
2. Oos Australie
3. Wes Australie en Japan
4. Taiwan
5. United Arab Emirates
6. Saudi Arabia
7. Portugal, Engeland, Ierland
8. Duitsland, Griekeland, Belgie, Nederland, Spanje, Frankryk
9. Suid Afrika
10. V.S.A Ooskus gebiede
11. V.S.A Oostelike Sentrale gebiede
12. V.S.A Westelike Sentrale Gebiede
13. V.S.A Weskus en Kanada.
Raymond se dat hierdie inisiatief ontstaan het in Japan met Jaques van Rooyen wat tans daar diens doen as ´n omroeper. Hierdie inisiatief word beskou as ´n eerste ter wereld wat radio uitsending betref, want nog nooit voorheen is dit op enige radiostasie vermag om ´n aanbreek van nuwejaar lewendig vanuit soveel verskillende plekke uit te saai nie. Effektief beteken dit dat nuwejaar op Uitsaaines Live, omtrent 24 uur lank, amper elke uur of twee gaan aanbreek. Die moontlikheid bestaan ook dat die 13 Tydsones dalk nog kan vermeerder soos wat luisteraars besluit om deel te neem, aangesien Uitsaaines luisteraars het wat getrou inskakel, vanuit alle denkbare wêrelddele. Afrikaans, as taal, was nog nooit voorheen so goed verteenwoordig oral ter wereld, met soveel luisteraars wat op een plek, elke dag bymekaarkom, om na Uitsaaines Live te luister nie.
Belangstellendes wat wil inskakel om na hierdie gewilde Afrikaanse internet radiostasie te luister, kan gerus ´n draai gaan maak by www.uitsaaines.co.za. Dit is ´n gratis diens, wat vrywillig onderhou word deur die bestuur en omroepers daarvan.
December 27th, 2007 at 12:36 pm
Cool! Ek gaan verseker luister. Hoop net nie hulle saai die sones in daai volgorde uit nie…
December 28th, 2007 at 4:37 pm
klink soos ‘n goeie idee!