“Dit verteenwoordig meer as net ‘n naam… dit is amper soos ‘n mitiese plek.”
Hunter Kennedy en Pierre Greef het hul eerste liedjie saam geskryf toe hulle 15 en 16 jaar oud was. Op daardie stadium was Hunder in ‘n groep met die naam “New World Inside” met Francois Van Coke (Van Coke Kartel) en Pierre was in die groep “Time Spent” met Wynand Myburgh (Van Coke Kartel) en Laudo Liebenberg (a King).
Meer onlangs was Hunter in Fokofpolisiekar en Pierre in Lukraaketaar. Toe beide groep laas jaar ‘n blaaskans neem het hulle weer saam begin uithang in Bellville, die groepering was onafwentbaar.
So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met ‘n klein bietjie hulp van ‘n kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipe musiek wat ons voorheen gemaak het, wat meestal gebaseer was op kitare”. Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) is in beheer van die produksie.
Die eerste snit “Oorlewing 101″ kan nou gratis afgelaai word by:
http://www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
Die Heuwels Fantasties se self getitelde album kan in March 2008 op die rakke verwag word.
January 23rd, 2008 at 10:48 am
Ek het ‘n weird gevoel oor hierdie ouens se musiek, ek geniet dit (nogal baie!) om een keer daarna te luister, maar dan is dit verby. Ek het geen begeerte om dit te download om later weer te luister nie. Sal dus ook nie die CD koop nie.
Ek voel so oor Fokofpolisiekar se musiek ook.
Ek ken nie die ander bands wat jy noem nie…
October 10th, 2009 at 12:15 am
Wat ‘n uitstekende band! Ek glo die heuwels fantasties sal dit nog ver maak, hulle is iets uniek en gee ‘n puik live vertoning. Dis regtig die moeite werd om hul shows te gan kyk