Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Tyd vir Cloverfield


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansDit is nie elke dag wat ek uit ‘n fliek stap en vir dink dat ek werklik ‘n meesterstuk gesien het nie. Dit was wel die gevoel wat ek gisteraand gehad het toe ek uit die teater gestap het nadat ek vir “Cloverfield” gekyk het. Ek het omtrent na die eerste vuf minute vir myself gedink.. “wow! ek kannie glo wat ek sien nie”

In my opinie is dit een van die beste films van ons tyd, die manier waarop dit geskiet is, is nie so nuut nie (dit was natuurlik voorheen in die “Blair Witch Project” gedoen), maar die manier hoe dit aan mekaar gesit is (met spesiale effekte en al) is net uitstekend.

JJ Abrahams het homself werklik oortref met die een. Hy was ook die brein agter “Lost” en “Alias”. So dit behoort ‘n idee te gee wat om te verwag.

Ek is jammer as ek baie oppervlakkig praat oor die fliek, maar ek wil nie enige iets weggee vir diegene wat dit nognie gesien het nie. ;)

Ek gee dit 9 uit 10!

cloverfield, fliek, uitstekend, lost

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

5 Menings vir
“Tyd vir Cloverfield”

  1. Andries Nel Sê:

    Ek is jammer om met jou te verskil. Die fliek was geheel en al ‘n mors van goie tyd en geld. My eerlike opinie is dat Ster Kinekor (waar ons dit gesien het) ‘n waarskuwing moet plaas sodat mense kan sien dat dit ‘n klomp gemors is. Daar is absoluut geen rede dat enige iemand hulle tyd of geld moet mors om die fliek te sien nie. Ek gee dit 0 / 10

  2. Anuschka Sê:

    Wat ookal jy doen.MOENIE Cloverfield gaan kyk nie,ek kon absoluut niks sien nie en ontrent n uur en 15minute in die fliek in was my kop seer van diè al ewige beweginde kamera.Ek ek en my friendine het uit gestap,ons was so teleurgesteld,die voorskoue van di fliek was briljant,maar dit was wragtig ni wat ek verwag het ni.Ek wou julle net red,die van julle wat so gelukkig was om dit nie te gekyk het ni,glo my jy mis NIKS nie.

  3. BL Sê:

    Nee ou.

    Ek het dit saam ‘n meisie en haar broer gaan kyk. Ek en die meisie het beide motion sickness gekry en moes uit die teater stap om te gaan bler.

    Twee keer.

    Ons het dit nie halfpad deur die fliek gemaak nie.

  4. Lourens Sê:

    Ek stem saam met die ander. Dit was ‘n klomp gemors en my kop het gepyn van die kamera wat so rond skud.

  5. George Sê:

    Ek stem saam jou Gerhard. Uitstekend!

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans