Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Goeie Diens


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansEk is nie normaalweg die tipe persoon wat iets te sê het oor goeie of slegte diens nie, maar na die diens wat ek gister gekry het voel ek dat krediet gegee word aan die mense by die Vodacom4u winkel waar ek gister gegaan het om my selfoon kontrak te opgradeer.

Dit was ‘n normale opgradering, behalwe dat die foon wat ek wou hê nie saam met my kontrak gekom het nie en ek ekstra moet bybetaal het. (Geen probleme hiermee nie, ek het voor die tyd al hiervan geweet en het verwag dat ek eers my nuwe selfoon in ‘n paar dae sal kan kry).

So hier is wat gebeur het… (en die hele proses het nie langer as 10 minute geneem nie)

Ek het ingestap, gesê ek wil opgradeer, die konsultant het my nommer en my ID dokument gevra, al sy papierwerk gedoen en my selfoon vir my gaan uithaal.

10 Minute later het ek my selfoon gahad en my nuwe kontrak.

Dankie vir uitstekende diens Vodacom :)

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

2 Menings vir
“Goeie Diens”

  1. Ryan Sê:

    Hallo Gerhard.
    Ek is bly om te sien dinge is nog lekker gesellig hier by Kuier.
    Ek is baie bly om te hoor oor die lekker diens wat jy ontvang het. Ek het ‘n goeie kennis van bemarking en moet se dat hierdie manier van bemarking is seker meer effektief as vele andere.
    Die ander ding wat ek graag wil byvoeg is dat ek is bly om to sien dat jy dit kan erken dat goeie diens gelewer kan word. Meeste mense in Suid-Afrika weet net om te kla maar kan nie net “dankie” se vir uitstekende diens nie.

    Lekker dae verder. Laat weet hoe gaan dit met jou.

    Ryan (Vriend van Donovan Mannie wat jy een dag by sy plek ontmoet het.)

  2. Liza:

    Ek wens ek kon dieselfde sê oor goeie diens, het my motorjie gestamp 1 maand terug, wag nou nog vir die versekering, altyd hier en altyd daar verskonings, die kliënt staan defnitief nie ‘n kans by daardie maatskappy nie, almal wat daar werk is vermensde slakke.

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans