Rian Swanepoel (Top 10 Idols finalis in 2002) se debuutalbum, “Verf die classics rooi!”, is pas uitgereik en val die klem op die hoë kwaliteit produksie en ´n versameling van die mooiste liedjies wat ooit geskryf is. Die album bevat ‘n groot verskeidenheid klassieke-pop-treffers, onder andere “La fiamma sacra”, “Because we believe” (duet met Kevin Leo), “Nella fantasia”, wat uitstekend vertolk word deur Rian en die tenoor, Werner Brooks, “All I ask of you”, (duet met Sibongile Mngoma), “First of May” (duet met Rina Hugo), en “Barcelona” waarmee Rian en Kevin Leo die album op ‘n hoogtepunt afsluit.
Die album bevat ook pragballades, midtempo treffers en ‘n paar ritmeplukkers. Rian se vokaliteit word tot die uiterste getoets met ‘n splinternuwe verwerking van “You raise me up” en is dit hoendervelmooi. Tussen die luistergoed hierop is die snitte “I believe in you”, ‘n duet met Veronique Lalouette en die Gà? Korsten-treffers, “Lieflike droom” en “Lied van die lewe”. Die liedjie “Rooi” is ‘n verrassing op die album en bevat die lied vier verskillende musiekstyle en is dit ‘n kragtige liedjie waarmee die album begin.
Rian se veelsydigheid as kunstenaar en talentvolle musikant word op hierdie pragalbum beklemtoon. Dis passievolle luistermusiek!
Vir verdere navrae oor hierdie album en konsertbesprekings, kontak Carien Marais by 082 480 4866 of e-pos: lambisproductions@wbs.co.za. Besoek ook Rian Swanepoel se webwerf: www.rianswanepoel.co.za