Die Vivacious Voice ´Lirieke sonder brieke´ Nasionale Liriekskryfkompetisie is sopas geloods. Die kompetisie, met pryse van R33 000 op die spel, stel ten doel om die standaard van lirieke in Suid-Afrika te verbeter. Die wenner sal in September reis na Kaapstad om deel te neem aan ´n demo-opname-projek met vervaardiger Camillo Lombard (musiekregisseur van Liriekeraai op kykNET), wat oorsien sal word deur Universal Music Publishing Suid-Afrika. Die eerste prys, met ´n gesamentlike waarde van R25 000, sluit ook in drie nagte se luukse-hotelverblyf in die Moederstad, ´n fotosessie met ´n topfotograaf, musiektoerusting, ´n liedjie-slypskool, ´n sangkursus, musiekliteratuur en omvattende publisiteit in die Suid-Afrikaanse media.
Camillo Lombard vorm ook deel van die beoordelaarspaneel, wat ander groot rolspelers in die musiekbedryf insluit: Kobus Burger (gesoute musiekjoernalis by Beeld) beoordeel die Afrikaanse afdeling, Lee Kasumba (YFM en Channel O-aanbieder) beoordeel die hip hop en R & B-afdelings, Tshepo Mosese (SAMA-genomineerde Kwaito-ster en akteur, bekend vir sy rolle in sepies soos Backstage en Generations) beoordeel inskrywings in SeTswana en Sotho, Gcobani (SAMA-bekroonde Afropop-ster) beoordeel inskrywings in Xhosa en Zulu, John Fishlock (besturende direkteur van Universal Music Publishing Suid-Afrika) beoordeel lirieke vir kommersiële vatbaarheid, en Ryan Hill (kopiereg-bestuurder by Universal Music Publishing South Africa) fynkam inskrywings vir oorspronklikheid.
Die stigter van die kompetisie, liedjieskrywer en musiek-enterpreneur Philip de Villiers, sê “liriekskrywers moet leer om hulle verbeelding te gebruik. Internasionale skrywers soos Bob Dylan en Tim Rice weet hoe om goeie metafore te skryf en hulle rymwoordeboeke te gebruik.” De Villiers benadruk ook egter dat daar ´n verskil is tussen lirieke en poësie: “Poësie kan baie ingewikkeld en kripties raak, terwyl kommersieel-vatbare lirieke meer na ´n doodgewone gesprek moet klink.”
Vivacious Voice het ook die “Maak lawaai!” kompetisie aangebied in 2007. Dit het R10 000 prysgeld uitbetaal aan die Kaapse jazz-sangeres, Emily Bruce. Sy het die prysgeld gebruik om vir twee weke te reis deur Engeland, waar sy in Londen en Birmingham opgetree het.
Die kompetisie verwelkom inskrywings in enige genre of styl, mits dit geskryf is in een of ´n kombinasie van die elf amptelike landstale. Die inskrywinsfooi is R100, en die sluitingsdatum is op Vrydag 28 Augustus 2008. Vir ´n inskrywingsvorm, besoek www.songnursery.com of e-pos info@songnursery.com of sms jou e-pos adres na 0826211305.
December 8th, 2008 at 12:06 am
Hallo almal! Ek wil julle graag in kennis stel van ‘n “awesome” nuwe musiektydskrif webbladsy. Dit word basies beskou as die Roling Stone tydskrif vir die Afrikaanse musiek bedryf. Hierdie “site” bevat inligting oor al jou gunsteling en bekende Afrikaanse sangers, groepe, lirieke van jou gunsteling liedjies, ‘n optreegids (gig guide) en nog baie meer. Hierdie musiekbladsy sal jou altyd op hoogte hou. Check dit NOU uit by: http://www.huisgenoottempo.com/ en kom ondersteen jou moedertaal!
Afrikaans bo!
December 9th, 2008 at 3:59 pm
Niel is reg, ons gee ‘n uitstekende tydskrif uit
Die kompetisie is ‘n uitstekende idee; ons hoop dit werp vrug af in die plaaslike musiekbedryf. Mag die bestes wen!