Nomfusi, die 23-jarige Afro-soul vonds van Khayelitsha, is een van vyf kunstenaars wat genooi is om op te tree by die Spier Harvest Festival Legends wat plaasvind by die Spier Amfiteater Vrydagaand 21 Februarie. Die ander vier kunstenaars is almal bekendes in die musiekwêreld: die koningin van afro-jazz Judith Sephuma, die vonkelende sopraan Zanne Stapelberg, jazz diva Melanie Scholtz en veteraan-rocker Koos Kombuis.
Elke kunstenaar sal twee nuut-georkestreerde nommers uitvoer met ‘n 40-stuk orkes, wat sal eindig met ´n groep-finale. Nomfusi gaan Uthando (”liefde” in Xhosa) sing, ‘n roerende ballade wat sy op 12-jarige ouderdom geskryf het vir haar oorlede ma, Kwazibani, wat tàè dood is aan VIGS. “Die verlies van my ma het my begrip gegee van wat liefde is en die tipe liefde wat ons by haar geleer het, en vir my was dit om myself so lief te hê dat geen situasie my kon vernietig nie, selfs nie haar dood nie.” Sy sal dit volg met ‘n opgewekte Miram Makeba-keurspel, waarmee sy hulde wil bring aan diè groot legende. Nomfusi sal ´n skepping dra van die ontwerpers Kluk CGDT, wie se ontwerpe al supersterre soos Charlize Theron en Beyoncè Knowles geklee het. Vir besprekings, skakel Computicket by 083 915 8000 of besoek www.computicket.co.za.
Vir meer inligting oor Nomfusi, besoek www.nomfusi.com.