Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Man sterf na selfoon ontplof


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Afrikaans‘n Man in China het gesterf nadat sy selfoon ontplof het. Die “ontploffing” het naby ‘n groot aar in sy nek plaasgevind en hy het basies dood gebloei voordat hy gehelp kon word.

Hy was blykbaar ‘n werknemer in ‘n rekenaar winkel in Guangzhou, China. Die selfoon het ontplof kort nadat hy ‘n nuwe battery in die selfoon gesit het. Die battery het ook blykbaar net net klaar gelaai en hy was besig om die selfoon in dy dak te sit.

Ander werknemers het gesê dat hulle net ‘n harde slag gehoor het en toe hulle gaan kyk wat aangaan het hulle die jong man op die grond gevind.

Die plaaslike regering (soos wat dit mos maar werk in China) het gesê dat die tipe battery baie onstabiel raak as dit aan hitte blootgestel word en ook as dit te lank op laai gelos word.

Dit maak mens ‘n bietjie skirikkerig om die selfoon te gebruik!

http://technology.timesonline.co.uk/tol/news…

sterf, selfoon, ontplof, china

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

5 Menings vir
“Man sterf na selfoon ontplof”

  1. petro:

    Ja dis erg. Ons almal is so gewoond aan tegnologie ons kan nooit wag vir die nuutste om op die mark te verskyn nie. Ek dink nie een van ons dink aan die gevaar van sommige dinge wat ons elke dag gebruik nie.

  2. Lorinda:

    Hys gevaarlik maar kan jou lewe
    ook red.mense maak van n
    sandkorrel n berg.as julle nie iets
    teen mxit het nie,dan het julle iets
    teen selfone.die goed is gemaak
    om die lewe vir almal maklik te
    maak.as daar nie selfone is,hoe
    gaan jy bel vir n ambulans of
    polisie.

  3. katjie Sê:

    Genade, wat ‘n probleem. Ek gaan nou maar skrikkerig wees vir my foon :lol:

  4. JEROME Sê:

    ek geniet kuier verskriklik! maar een iets is missing…
    blokraai
    kan jul iets doen?
    baie dankie
    jerome
    atlantis

    ps
    ek is verslaaf aan blokraaiels

  5. Neels:

    Hallo Jerome,

    Baie dankie vir die positiewe terugvoer – ons sal beslis jou idee sterk oorweeg en kyk hoe mens al die blokraaisel liefhebbers daar buite kan gelukkig maak :-)

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans