Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Anton Botha

Anton BothaWie is Anton Botha?
Soos op www.antonbotha.com

Anton is ‘n baie veelsydige, jong kunstenaar wat besig is om die Suid Afrikaanse mark om te keer met sy oorspronklike liedjies, in ons moedertaal. Hy is ‘n kranige liedjieskrywer en sanger. Anton bespeel 8 instrumente; waaronder akoestiese kitaar, elektriese kitaar, dromme, klavier en mondfluitjie.

Onder die vaandel van Fantasia musiek het sy debuut album, “Hier by my”, voor uitreiking, reeds gespog met uitstekende verkope. Toere saam die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en die topverkoper DVD van Thys die Bosveldklong het Anton reeds as bekende in ons land se musiekkringe gevestig. Kyk gerus uit vir Thys se nuwe DVD, Vet Pret, waarop Anton ook verskyn.

Anton het alreeds in 2006 by so te sê al die skoue en feeste in ons land gaan kuier. Hy het voorwaar die hele land deur getoer, met optredes wat strek vanaf die Piketberg blommeskou en Calvinia vleisfees in die Kaap tot die Aartappelfees op Vivo in Limpopo provinsie. Die hoogte punt van 2006 was natuurlik Aardklop kunstefees in Potchefstroom.

2007 sal die verskyning van Anton se nuwe album inhou, maar vir eers sal hy nog aan die skryf wees daarvoor.

Gebore in Bethlehem in die Vrystaat, het hy as plaasseun in die Oos-Vrystaat groot geword. Op die tere ouderdom van 5 jaar bemeester hy die kitaar, tot groot genot van almal wat wil luister. In sy laerskool dae trek die gesin na Centurion en neem hy deel aan al die musiek kompetisies beskikbaar. Toe alreeds, het hy saam met die groot name in ons bedryf, soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, en Randall Wicombe opgetree. In 2003 is Anton aangewys as een van 10 ATKV Crescendo finaliste.

As ‘n baie gewilde liedjie skrywer, is sy musiek al deur verskeie van ons bekende musieksterre opgeneem. Dink aan Adijy Adijo deur Juanita du Plessis (Bly by my), die titelsnit en verskeie ander snitte op Karen Ferreira se album getiteld “Altyd joune”. Asook die albums van Thys die Bosveldklong (Vet pret) en Wynand Strydom (Pamperlang). As kustenaar neem hy in 2005 nie minder as 12 liedjies op verskeie saamgestelde cd´s soos onder andere Skop, Kliphard en Country

Opskop op. Anton het ook so te sê al die akoestiese kitaar werk vir hierdie albums gedoen.

Met sy oorspronklike werke vol ritme en harmonie is hierdie beslis ‘n jong man wat oud en jonk se voete laat wip en heupe laat swaai, op die maat van sy op-en-wakker musiek.



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans