Ons het die volgende versoek van ‘n leser, Brent, ontvang:
Hi Gerhard
Ek sien julle praat oor die Afrikaanse musiek industrie, maar onlangs het ‘n nuwe kategorie in die afrikannse vermaak industrie begin, en dit is die Afrikaanse Standup.
Alhoewel dit nie heeltemal nuut is nie, (Daar is een of 2 afrikaanse komediante wat naam gemaak het soos bv Casper de Vries, Lindie Stander ens) is dit nog nie naby sy potensiaal nie. Onlangs het komediante in johannesburg begin om Afrikaanse Standup te bemark. Die komediante bestaan uit ouens soos Melt Sieberhagen (onlangs te sien in Poena is Koning), Hannes Brummer (onlangs te sien op Kompleks), Garth Collins (een van SA se Gladiators), Joey Rashdien (Spekskieters faam), Pierre Breytenbach (Spekskieters faam) ens. Hierdie ouens is besig om die pad oop te maak vir toekomstige afrikaanse komediante.
Ek is besig om dieselfde te organiseer vir die Kaap. Ek wil oudisies hou vir toekomstige komediante, werks winkels, kanse gee vir hulle om op te tree, kompetisies hou ens. Maar om hierdie projek te begin het ons publisiteit nodig. Wil julle ouens nie praat oor Afrikaanse Standup nie? Julle kan praat oor toekomstige shows, oudisies, miskien onderhoude hou met die komediante ens?
Laat weet as julle belang stel om deel te wees van die projek.
Vriendelike Groete
Brent
Ek het op die volgende webwerf afgekom wat juis die tipe Afrikaanse komedie probeer bevorder:
http://www.afrikaanstand-up.co.za/
Terloops, vir die wat wonder… ek het die spesifieke prentjie gekies omdat dit baie snaaks gelyk het en nie omdat ek van blou bulle hou nie (nee, ek ondersteun my eie span hier in die Kaap!)
Ja mense, hier is ons sowaar alweer aan die einde van ‘n week, en dit was nog ‘n week wat net eenvoudig nie tyd gehad het om stories te gaan soek vir Kuier nie… Ek vra verskoning dat ek nie my belofte in daardie verband aan ons lesers nagekom het nie!
‘n Nuwe liedjieskryfkompetisie eksklusief vir Kapenaars is sopas geloods, met pryse ter waarde van R25 000 op die spel. Die Vivacious Voice Maak lawaai! Liedjieskryfkompetisie is in die lewe geroep deur sanger, liedjieskrywer en stem-afrigter Philip de Villiers, wat drie maande gelede die eerste liedjieskryf-akademie in Suid-Afrika op die been gebring het. Sy kursus, “The Songwriter´s Toolkit,” bemagtig Kaapse liedjieskrywers op ´n kreatiewe en finansiele vlak. “Dis bloot ´n mite dat kunstenaars nie finansieel suksesvol kan wees nie. As my vriende in die IT-industrie in blink karre kan ry, hoekom nie liedjieskrywers nie? Ons is deel van ´n R2.5 biljoen musiekmark plaaslik, en ´n $55 biljoen internasionale mark. Dis tyd dat ons liedjieskrywers ag as waardevolle potensiele uitvoerprodukte. Maar eers moet ons hulle toerus met die nodige vaardighede om liedjies van internasionale gehalte te kan skep.”
Twee van die Weskaap se mees energieke en unieke groepe, Zinkplaat en Die Helde het weer besluit om kragte saam te span. Waar ander groepe met karre, bussies en waentjies toer, het hierdie manne vir die tweede keer besluit om groot te gaan en ´n trok te gebruik vir hulle toer. Met die hulp van Beyerskloof Wyn en Bundi Productions word die klanke hierdie Junie versprei.
Uitsaaines saai tans 24 uur per dag en 7 dae per week uit. Hulle het gereelde lewendige inhoud (elke dag van die week insluitend naweke) wat aangebied word deur omroepers van reg oor die wêreld.
Een van ons lesers het die volgende boodskap deurgestuur, en ons het gedink dat julle inderdaad sal belangstel om te weet dat die Wêreldwye Web nou in al sy/haar glorie, amptelik in Afrikaans deurkruis kan word!
“Valiant Swart en die boeremusieklegende Ollie Viljoen het onlangs hul eerste gesamentlike album Vuur en Vlam uitgereik.
Soos die meeste van die aanhangers weet is Fokofpolisiekar op ‘n breuk vir die eerste ses maande van hierdie jaar, wat beteken dat die lede op hul eie solo projekte en studies kan konsentreer.
Volgens berigte oor die radio gaan belastingopnames van hierdie jaar effens anders werk, aangesien dit nie meer nodig is om enige stawende dokumente (soos IRP5, kwitansies, fakture, ens) aan die inkomstekantoor te stuur nie, en die feit dat dit ook nou sal moontlik wees om jou opgawes elektronies, op die Internet te doen behoort tyd en kostes te bespaar! Verder sal personeel van die SA Inkomstediens ook gratis bystand verleen aan enige persoon wat hulp nodig het met hul opgawes. Dit sal moontlik wees om by enige van hul kantore te gaan aanklop, of die inbelsentrum te skakel by 0860 12 12 18. Mens kan ook daar uitvind hoe vorder jou opname se verwerking, of jy kan aanteken op hul webwerf daarvoor. Alle opnames vir die jaar moet teen 31 Oktober voltooi wees.
Anton Botha is ‘n baie veelsydige, jong kunstenaar wat besig is om die Suid Afrikaanse mark om te keer met sy oorspronklike liedjies, in ons moedertaal…