Ons het die volgende versoek van ‘n leser, Brent, ontvang:
Hi Gerhard
Ek sien julle praat oor die Afrikaanse musiek industrie, maar onlangs het ‘n nuwe kategorie in die afrikannse vermaak industrie begin, en dit is die Afrikaanse Standup.
Alhoewel dit nie heeltemal nuut is nie, (Daar is een of 2 afrikaanse komediante wat naam gemaak het soos bv Casper de Vries, Lindie Stander ens) is dit nog nie naby sy potensiaal nie. Onlangs het komediante in johannesburg begin om Afrikaanse Standup te bemark. Die komediante bestaan uit ouens soos Melt Sieberhagen (onlangs te sien in Poena is Koning), Hannes Brummer (onlangs te sien op Kompleks), Garth Collins (een van SA se Gladiators), Joey Rashdien (Spekskieters faam), Pierre Breytenbach (Spekskieters faam) ens. Hierdie ouens is besig om die pad oop te maak vir toekomstige afrikaanse komediante.
Ek is besig om dieselfde te organiseer vir die Kaap. Ek wil oudisies hou vir toekomstige komediante, werks winkels, kanse gee vir hulle om op te tree, kompetisies hou ens. Maar om hierdie projek te begin het ons publisiteit nodig. Wil julle ouens nie praat oor Afrikaanse Standup nie? Julle kan praat oor toekomstige shows, oudisies, miskien onderhoude hou met die komediante ens?
Laat weet as julle belang stel om deel te wees van die projek.
Vriendelike Groete
Brent
Ek het op die volgende webwerf afgekom wat juis die tipe Afrikaanse komedie probeer bevorder:
http://www.afrikaanstand-up.co.za/
Terloops, vir die wat wonder… ek het die spesifieke prentjie gekies omdat dit baie snaaks gelyk het en nie omdat ek van blou bulle hou nie (nee, ek ondersteun my eie span hier in die Kaap!)
Afrikaans, staan-komedie, kunstenaars, komediante