Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Eet en Drink' Category

Afrikaans

Bespaar met Grondboontjie Botter


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansEk het vandag se storie eksta interessant gevind, aangesien ek baie bewus daarvan is dat ek nie veel doen om die planeet te help nie, en ook dat ek elke oggend van my lewe grondboontjie botter toebroodjies eet… wie sou gedink het dat dit die planeet kan help.

Vandag se webwerf is daar met een rede, en dit is om die feite te gee oor hoe grondboontjie botter toebroodjies die planeet help.

Wie sou gedink het dat deur drie grondboontjie botter toebroodjies te eet jy net so veel impak op die omgewings maak soos om na ‘n water besparende stortkop toe oor te slaan.

http://www.pbjcampaign.org/

grondboontjie, botter, spaar, planeet

Afrikaans

5 Redes om Stadiger te Eet


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansEen van die probleme in ons daaglikse lewens is die pas waarteen ons leef, alles is gejaag. Self as dit tyd is om iets te eet, dan jaag ons dit net af en dit is geneig om na ‘n stresvolle ongesonde lewe te lei.

Ons kan ons lewestyl maklik aanpas der net stadiger te eet.. Hoe moeilik is dit? Wel, jy vat kleiner happies, jy kou effens stadiger en langer en geniet jou ete langer.

Vandag se webwerf bevat 5 redes hoekom dit belanglik is om stadiger te eet. Ek het dit nogal interssant gevind. :)

http://zenhabits.net/2007/07/5-powerful-reasons-to-eat-slower/

eet, spoed, stadiger, verteer

Afrikaans

Chinese Karton Kos


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede

AfrikaansFyn gemaalde karton, sag gemaak met industriele chemikalië en gegeur met vetterige vark vleis en baie speserye. Dit was die hoof bestandele in ‘n klomp gestoomde rolletjies wat in een Beijing mark verkoop was.

Blykbaar is daar tonne klein, en meestal onwettige, stalletjies wat allerly kos in China verkoop. Hulle maak hulle geld deur terug te sny op bestandele. In baie gevalle is hul “bestandele” nie veronderstel om eers kos te wees nie. Dit is omtrent onmoontlik om hulle te beheer.

Die hele storie was oopgekrap deur ‘n plaaslike televisie stasie en het sommer gou-gou die polisie daar gehad nadat dit uitgesaai was.

Die hele idee is net grillerig!

http://www.cnn.com/2007/WORLD/asiapcf/07/12/cardboard…

chinese, karton, kos, eet

Afrikaans

Die Wêreld Doen Inkopies


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede

AfrikaansEet is een van daardie dinge wat ons almal daagliks doen, maar nie regtig oor dink nie. Ja daar is kook programme op TV en baie boeke, maar het ons al ooit regtig gewonder wat ander normale mense soos ons in ander lande vir aandete eet?

Vandag se webwerf bevat ‘n reeks foto’s van families en hulle kos aankope vir ‘n week. Wat dit nog meer interessant maak is dat die bedrae wat hulle op kos spandeer ook hierby is.

Nogal interessant om te sien hoe families in kleiner landjies oor die weg kom met soveel minder as families in die groter, eerste wêreld lande.

http://v.mercola.com/blogs/public_blog/What-the-World…

kos, inkopies, familie, geld

Afrikaans

34 Ander Nutte vir Gas Koeldrank


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede

AfrikaansDie meeste van ons drink gas koeldrank, party van ons natuurlik meer as ander, maar dit is ‘n redelike normale ding om te doen, maar het jy al ooit gewonder watter ander dinge jy met die koeldrank kan doen?

Indie jou antwoord “Ja” is, is vandag se webwerf perfek vir jou! Die webwerf bevat 34 ander dinge waarvoor jy jou blikkie gas koeldrank kan gebruik.

Van hierdie dinge sluit in om skroewe makliker los te draai en selfs om vlekke uit jou bad of toilet uit te haal.

Dit laat die blikkie koeldrank amper lyk soos iets wat op ‘n Saterdag oggend op die televisie kan verkoop word :P

http://www.thebachelorguy.com/34-uses-for-that-can-of-soda…

koeldrank, gas, nutte, skoon

Afrikaans

Vleis aan ‘n Boom?


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansDink jy dat vleis aan boom kan groei? Miskien nie, maar wat van op laboratorium bordjies?

Wetenskaplikes in Amerika en Nederland is besig om eetbare vleis te groei in die labretorium. Hulle doen dit met die hulp van dierselle.

Die Amerikaners se doel met die eksperiment is om eetbare vleis vir ruimtevaarders te kan kweek terwyl die Nederlanders baie meer ambisieus is en basies die natuurlike metode wil laat aftree.

So ver het hulle nog net dun lagies vleis gegroei, so daardie groot Sondag maal, van kunsmatige vleis, gaan nog ‘n paar jaar moet wag. :)

Nou kan ek nie help om te wonder of vegetariërs hierdie vleis mag eet nie…?

http://blog.scifi.com/tech/archives/2007/06/04/scientists_atte.html

vleis, boom, kusmatig, wetenskap

Afrikaans

Southappies Uit Die See


Neels - Eet en Drink, Nuusagtig

AfrikaansDis alweer amper tyd vir die jaarlikse Oesterfees op Knysna en hope “fynproewers” sal sekerlik weer daarheen reis vir die geleentheid. Ek is egter nie een van hulle nie, want hulle sê mos mens moet ‘n smaak ontwikkel vir sulke “eksotiese” kosse… en ek kan beslis beaam dat nie almal van daardie baie prominente smaak hou nie!

Om die waarheid te sê, die eerste keer wat ek ‘n rou oester (op die strand) geëet het, het ek so ‘n gesig getrek as gevolg van die vreeslike intense sout smaak dat ek bly is die horlosie het nie 12 geslaan en die uitdrukking so verewig nie! Dan het ek permanent soos die hoofkarakter in die Scream flieks gelyk!!!

Hoekom hou party mense van al die eienaardigste “kosse” op aarde?

Mense wat belangstel om uit te vind presies wanneer die fees hierdie jaar plaasvind en wat om te verwag (lyk nogal na ‘n baie lekker affêre) kan gerus verder gaan lees by hierdie skakel:

http://www.ioltravel.co.za/article/view/3870038

Dit sal nogal interessant wees om te hoor wat die vreemdste (of ergste) smake was wat ons leser al ervaar het, so laat weet ons gerus! Let wel dat ek nie vra wat die vreemdste dinge is wat julle al geëet het nie, want ons probeer om nie besoekers af te skrik nie ;-)

oesterfees, smaak, kosse, ergste

Afrikaans

Tee in Pot Meer Gesond


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansSo bietjie meer as ‘n jaar gelede het ek heeltemal ophou met koffie drink, en het oorgeskakel tee toe. Daar was ‘n paar redes vir hierdie besluit maar die grote was natuurlik gesondheid.

Voorheen het wetenskaplikes gevind dat tee lekker baie anti-oksidante bevat en daarom beter is om te drink as koffie of koeldrank.

Nou het weteskaplikes by die universiteit van Aberdeen uigevind dat dit beter is om die tee stadig te maak in ‘n pot plaas van die sakkies wat die meeste mense gebruik. Hulle sê dat dit die maksimum hoeveelheid goeie bestandele uit die blare op daardie maier kry.

Nou net om die tyd te kry om vir ‘n pot te wag om tee te maak :)

http://news.bbc.co.uk/1/hi/scotland/north_east/6698539.stm

tee, gesond, gewoonte, pot

Afrikaans

Kits Maaltyd Foto’s


Gerhard - Eet en Drink, Lekkertes

AfrikaansHoeveel keer hy jy al gegaan om kitskos te koop, maar as jy daar kom besef jy dat jy nie werklik seker is wat jy wil hê nie.

Wat ek gewoonlik in ‘n situasie soos hierdie doen is ek begin kyk na die prentjies op die bord of spyskaart en besluit dan so. Daar is natuurlik niks verkeerd met hierdie metode nie, behalwe dat die kos wat jy kry nooit soos die kos in die prentjies lyk nie…

Vandag se webwerf het gegaan en meeste van Amerika se groot kitskos maaltye gevat, die prentjie op die spyskaart afgeneem, die kos bestel en dan die kos wat hulle gekry het afgeneem en dan die 2 foto’s langs mekaar geplaas.

Dit is nogal erg hoe “verskillend” sommige van hierdie maaltye lyk…

http://www.thewvsr.com/adsvsreality.htm

kos, maaltyd, foto’s, wegneem etes

Afrikaans

Lemonade Stalletjies


Neels - Eet en Drink, Lekkertes

AfrikaansOns sien so dikwels in Amerikaanse flieks hoe die kinders op ‘n warm dag sommer ‘n lemonade stalletjie op die sypaadjie opslaan en dan stroom die mense (hoofsaaklik ander kinders) daarheen om elk ‘n glasie te kom koop… en dan is almal gelukkig, want die wat dors was kry ‘n heerlike koue drankie, en terselfdertyd word die kinders met die stalletjie se sakgeld aangevul uit die verkope! Dit is egter iets wat ek nog nooit hier in ons land gesien het nie… en nou wonder ek net hoekom nie – drink Suid-Afrikaners nie juis lemonade nie of is daar ander redes?

Wel ek vir een is nogal mal oor lemonade, so toe het ek bietjie gaan soek na resepte, en was verbaas oor hoe baie verskillende resepte daar op die Web beskikbaar is! Kyk gerus hier, en laat weet ons watter vir julle die lekkerste is:

http://allrecipes.com/Search/Recipes.aspx?WithTerm=lemonade

Kyk ook bietjie hier vir die geskiedenis van hierdie drankie, asook skakels na ander webwerwe:

http://en.wikipedia.org/wiki/Lemonade

lemonade, drankie, warm, koue



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans