05
Feb
‘n Man in China het gesterf nadat sy selfoon ontplof het. Die “ontploffing” het naby ‘n groot aar in sy nek plaasgevind en hy het basies dood gebloei voordat hy gehelp kon word.
Hy was blykbaar ‘n werknemer in ‘n rekenaar winkel in Guangzhou, China. Die selfoon het ontplof kort nadat hy ‘n nuwe battery in die selfoon gesit het. Die battery het ook blykbaar net net klaar gelaai en hy was besig om die selfoon in dy dak te sit.
Ander werknemers het gesê dat hulle net ‘n harde slag gehoor het en toe hulle gaan kyk wat aangaan het hulle die jong man op die grond gevind.
Die plaaslike regering (soos wat dit mos maar werk in China) het gesê dat die tipe battery baie onstabiel raak as dit aan hitte blootgestel word en ook as dit te lank op laai gelos word.
Dit maak mens ‘n bietjie skirikkerig om die selfoon te gebruik!
http://technology.timesonline.co.uk/tol/news…
sterf, selfoon, ontplof, china
29
Jan
Ek is een van daardie mense wat mal is daaroor om die binnekant van gebou so eenvoudig as moontlik te hou.
Baie spasie, baie wit en baie baie eenvoudige ontwerpe… Ek besef ook dat almal nie dieselfde hieroor voel nie, maar vir my gaan dit oor die gevoel van vryheid wat ‘n eenvoudige omgewing vir jou kan verskaf.
Dit was terwyl ek rond gesoek het op die Internet na interessante ontwerp idees wat ek op die volgende blad vol deurskynende toerusting afgekom het.
Ek is mal hieroor.. veral die wasmasjien!
http://www.toxel.com/tech/2009/01/12/transparent…
deurskynend, toerusting, ontwerp, eenvoudig
08
Aug
Yep dit is alweer daardie tyd. Die Olimpiese Spele is hier en China het vir ons ‘n asemrowended verwelkoming gereel!
Daar was baie negatiewe dinge gesê oor China in die media die afgelope paar maande, maar hierdie mense weet hoe om dinge te laat gebeur en daar voor moet ons ons hoed vir hulle afhaal. (in my opinie).
Vandag se webwerf het ‘n hele paar foto’s van die openings seremonie op
http://www.boston.com/bigpicture/2008/08/2008…
china, olimpiese, spele, sport
03
Jun
Toe ek hierdie skakel vandag sien toe dink ek vir myself dat daar geen manier is wat ek dit nie op Kuier.co.za gaan sit nie!
Wat die ouens en meisies by kox.sk gedoen het was om die klassieke foto’s wat ons ken en.. um ja ken (ek kan nie sê “en lief het” nie, daar is ‘n paar aaklige oomblike tussen in) te neem en te heskep met LEGO blokkies en mannetjies.
Ek van dink dit is nogal ‘n oorpronklike idee en amper kuns
http://www.kox.sk/?p=702
25
May
Die fotograaf Phillip Toledano’s neem foto’s van kantore van maatskappye wat onlang bankrot verklaar was.
Wat hierdie foto’s interessant maak is die rede hoekom Phillip besluit het om dit te doen. Volgens hom, is dit ‘n argeologiese eksperiment.
Persoonlik vind ek die foto’s amper spookagtig om dieselfde manier as wat ek die stad gevind het in “I am Legend” (voordat die plastiek monsters uitgespring het en die film heeltemal simpel geraak het).
http://mrtoledano.com/frame_bankrupt.php
28
Mar
Ek weet daar word gesê dat een persoon se verlies vir ‘n ander persoon ‘n aanwins kan wees. Persoonlik weet ek nie of ek daarmee saam stem nie, maar wat ek wel weet is dat in die geval van vandag se webwerf gee dit ten minste vir ons interresante foto’s om na te kyk.
Die webwerf waarna ons vandag kyk se naam is “Truck Spills” en wat dit basies is, is ‘n versameling van foto’s van vragmotors wat hulle vrag op een of ander manier verloor het.
As jy, soos ek, nog altyd wou gesien het hoe ‘n pad vol aartappel skyfies sou lyk, is hierdie net die webwerf vir jou
http://www.truckspills.com/
vragmotor, vrag, verloor, pad
10
Feb
Dit is nie elke dag wat ek uit ‘n fliek stap en vir dink dat ek werklik ‘n meesterstuk gesien het nie. Dit was wel die gevoel wat ek gisteraand gehad het toe ek uit die teater gestap het nadat ek vir “Cloverfield” gekyk het. Ek het omtrent na die eerste vuf minute vir myself gedink.. “wow! ek kannie glo wat ek sien nie”
In my opinie is dit een van die beste films van ons tyd, die manier waarop dit geskiet is, is nie so nuut nie (dit was natuurlik voorheen in die “Blair Witch Project” gedoen), maar die manier hoe dit aan mekaar gesit is (met spesiale effekte en al) is net uitstekend.
JJ Abrahams het homself werklik oortref met die een. Hy was ook die brein agter “Lost” en “Alias”. So dit behoort ‘n idee te gee wat om te verwag.
Ek is jammer as ek baie oppervlakkig praat oor die fliek, maar ek wil nie enige iets weggee vir diegene wat dit nognie gesien het nie.
Ek gee dit 9 uit 10!
cloverfield, fliek, uitstekend, lost
01
Oct
Vandag se webwerf is interessant, en die rede daarvoor is dat hulle twee groot groepe mense by mekaar bring.
Ek praat natuurlik van mense wat hou van troeteldiere en ook natuurlik van mense wat hou van die Star Wars flieks.
Vandag se webwerf bevat ‘n hele reeks foto’s van mense se troeteldiere wat aangetrek is soos karakters uit die Star Wars flieks.
Ek wonder net hoe hulle daardie kat so stil laat sit het vir die foto…
http://www.goodhousekeeping.com/family/pets/dog…
troeteldiere, star wars. honde, katte
26
Sep
Ek het vandag se storie eksta interessant gevind, aangesien ek baie bewus daarvan is dat ek nie veel doen om die planeet te help nie, en ook dat ek elke oggend van my lewe grondboontjie botter toebroodjies eet… wie sou gedink het dat dit die planeet kan help.
Vandag se webwerf is daar met een rede, en dit is om die feite te gee oor hoe grondboontjie botter toebroodjies die planeet help.
Wie sou gedink het dat deur drie grondboontjie botter toebroodjies te eet jy net so veel impak op die omgewings maak soos om na ‘n water besparende stortkop toe oor te slaan.
http://www.pbjcampaign.org/
grondboontjie, botter, spaar, planeet
25
Sep
Misdaad is maar ‘n probleem waarmee almal op ‘n dag tot dag basis te doen het, ook nie net in Suid Afrika nie, maar ook in Duitsland.
Gelukkig het een skelm lekker op sy moses gekry toe ‘n blinde man uitgeraai het om baie goed te wees in die oosterse kuns van Judo.
Die skelm het blykbaar probeer om van die man se kruideniersware te neem toe die blinde man hom op die grond vasgepen het tot wanneer die polisie ophgedaag het.
Dit wys jou maar net dat jy nie ‘n man op sy baadjie kan takseer nie
http://news.yahoo.com/s/nm/20070910/od_uk_nm/oukoe…
judo, blind, aangeval, gevang