Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Lekkertes' Category

Afrikaans

Teetyd Pret #38


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansCopter Crash is ‘n lekker manier om deur jou tee tyd te kom vandag. Wat dit so lekker maak is die feit dat dit so eenvoudig is om te speel.

Jy speel met jou muis. As jy die muis se knoppie in hou styg die helikopter en as jy die knoppie los val hy.. Die helikopter beweeg ook die heeltyd vorentoe… ;)

So die punt van die speletjie is om so ver as moontlik te kom sonder om in iets vas te vlieg.

Die verste wat ek kon kom was 912. Skryf gerus onder menings hoe ver jy kon kom!

http://www.frigginrandom.com/games/copter-crash/

teetyd, pret, speletjie, copter

Afrikaans

Tyd vir Cloverfield


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansDit is nie elke dag wat ek uit ‘n fliek stap en vir dink dat ek werklik ‘n meesterstuk gesien het nie. Dit was wel die gevoel wat ek gisteraand gehad het toe ek uit die teater gestap het nadat ek vir “Cloverfield” gekyk het. Ek het omtrent na die eerste vuf minute vir myself gedink.. “wow! ek kannie glo wat ek sien nie”

In my opinie is dit een van die beste films van ons tyd, die manier waarop dit geskiet is, is nie so nuut nie (dit was natuurlik voorheen in die “Blair Witch Project” gedoen), maar die manier hoe dit aan mekaar gesit is (met spesiale effekte en al) is net uitstekend.

JJ Abrahams het homself werklik oortref met die een. Hy was ook die brein agter “Lost” en “Alias”. So dit behoort ‘n idee te gee wat om te verwag.

Ek is jammer as ek baie oppervlakkig praat oor die fliek, maar ek wil nie enige iets weggee vir diegene wat dit nognie gesien het nie. ;)

Ek gee dit 9 uit 10!

cloverfield, fliek, uitstekend, lost

Afrikaans

Gaan Kampeer Sonder die Gejaag


Neels - Lekkertes, Natuur

Afrikaans“Opstaan, slaapkous! As ons te laat ry gaan dit warm wees op die pad en die verkeer gaan erg wees! Jy moet nog vir jou pa gaan help kyk dat al die karavaan se ligte werk en dan moet ons die laaste goed inpak. Daar’s nie tyd om nog te lê en slaap nie!”.

Dit is min of meer hoe ek wakker geword het as kind, toe ons nog gedurende skoolvakansies gaan kampeer het. Die ding wat opvallend was van elke liewe vakansie, was dat dit altyd ‘n gejaag afgegee het om alles betyds klaar en reg te kry en seker te maak dat dit wat moet saamgaan wel ingepak is.

Afgesien daarvan was dit nogtans my gunsteling vakansies… die kere wanneer die woonwa gepak en gehaak is en ons na ‘n paar ure op die pad kon uitsien na so 2-3 weke van agteroor sit en luister na die geluide van die natuur, saam kuier en gesels, en net van alles by die huis vergeet! Daar was geen irriterende selfone, of televisie of ander elektronika nie – net ons en die natuur.

Het jy en jou gesin al ooit gaan kampeer? Vertel ons asseblief as jy enige interessante stories het – ek is seker dat ander lesers ook graag daarvan sal wil lees!

Ons het nou wel altyd die woonwa gehaak en nooit in ‘n tent in die bos gaan slaap nie, maar dit was nogtans altyd baie lekker! Ek sou tog nogal graag die tent “roete” ook wou probeer, want dit behoort selfs meer opwindend te wees en mens nog nader aan die natuur te bring… Ons woonwa se dak het in elk geval altyd êrens ‘n lekplek gehad, so vir natreen in ‘n tent skrik ek ook nie :-)

Soos ek gesê het, is daar altyd ‘n gejaag wanneer D-dag uiteindelik aanbreek! Gewoonlik is die kinders darem baie goed voorbereid en vir omtrent twee weke voor die tyd al besig om te beplan wat hulle alles gaan saamneem en wat om alles gedurende die vakansie te doen, maar selfs met ‘n lysie van wat-om-in-te-pak word daar meestal so ‘n paar belangrike dinge vergeet… Ek self het as kind vir elke vakansie ‘n deeglike lysie opgestel sodat ek nooit iets “belangriks” gemis het nie (my flits en sakmes was altyd bo aan daardie lysies!), maar Ma en Pa het sommer op hul geheue staatgemaak – volgens my nie so ‘n goeie idee nie ;-)

Ek het gister op die volgende baie waardevolle (volgens my) skakel afgekom, waar mens sommer ‘n voorafopgestelde kampeer kontrolelys kan aflaai, en dan kan jy daarop afmerk soos alles ingepak word, en natuurlik ook nog items byvoeg indien nodig:

http://www.voetspore.co.za/kaaptotkili/index.php?location=checklist

kampeer, vakansie, karavaan, lysie

Afrikaans

Borreloortreksel Speelding


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansVir kleingoed is die beste gedeelte van nuwe speelgoed natuurlik die boks waarin die nuwe speelding kom. Vir groot mense is dit amper dieselfde, behalwe dis nie die boks nie, maar die plastiek tussen die boks en die “speelgoed”…

Ja, ek praat natuurlik van borreloortreksel.. daardie plasiek met die luk borreltjies in het wat skiet as jy hom net reg druk. :)

Vandag se webwerf toon ‘n nuwe sleutelhouer wat net soos borreloortreksel werk, behalwe jy kan dit oor en oor laat skiet!

Ek dink ek sal nogal van so iets hou :D

http://www.geekstudent.com/index.php?tag=bubble-wrap

speelgoed, borrels, oortreksel, boks

Afrikaans

Mooiste Eilande


Gerhard - Algemene Geselskap, Lekkertes, Natuur

AfrikaansHierdie is maklik van die mooiste tropiese eilande wat ek al gesien het..

Soos ek verstaan is hierdie almal suid Stille oseaan (soos die eiland waaroor ek vroeër gesels het). Dit wilse dit dit in die area van Fiji en daardie reeks eilande is.

Ek dink dit is hoog tyd dat ek ‘n bietjie vakansie vat. :P

http://bloggertrail.com/random/prettiest-islands-in-the-world

eilande, fiji, mooi, vakansie

Afrikaans

Groepsdruk(kie) Beà?nvloed Rower


Neels - Algemene Geselskap, Lekkertes, Nuusagtig

AfrikaansVir ‘n voornemende rower in Washington DC het “groepsdruk” ‘n interessante dubbele betekenis ingehou! Die man, met vuurwapen in die hand en ‘n kappie op sy kop, het ‘n groep vriende se aandete op hul agterstoep onderbreek toe hy die wapen op ‘n 14-jarige meisie rig en dreig om te begin skiet as hulle nie vir hom geld gee nie…

Dis toe waar die storie ‘n onverwagte wending neem! Een van die gaste oortuig eers die rower om ‘n glasie wyn te geniet, waarna die meisie se pa en ander mense in die groep heelwat druk toepas op die vent dat hy binnekort nie anders kan as om “gesellig” te verkeer saam met hulle nie… So ‘n paar slukkies wyn en ‘n happie kaas later, en die rower begin skielik vir almal verskoning vra, en sê dat hy moontlik na die verkeerde huis toe gekom het. Hy het intussen ook sy vuurwapen gebêre, en die volgende oomblik vra hy of iemand vir hom ‘n drukkie sal gee… Daarna kon niemand sy versoek vir ‘n “groepsdrukkie” weier nie, en oomblikke later is hy daar weg, nog met die glasie wyn in die hand, maar niks gesteelde goedere nie.

Die polisie het later blykbaar die einste wynglas leeg in ‘n stegie naby die huis gevind, waar dit mooi versigtig op die grond neergesit is.

Ooggetuies reken dat hy moontlik bedwelmd was, want daar is nie juis ‘n ander verklaring vir die eienaardige optrede nie :-)

http://seattlepi.nwsource.com/national/1120AP_DC_ODD_Robber_…

rower, groepsdruk, wyn, groepsdrukkie

Afrikaans

Harry Potter is die Beste!


Gerhard - Algemene Geselskap, Lekkertes

AfrikaansVir die meeste Harry Potter aanhangers, soos myself, is hierdie ‘n baie groot maand. Daar was die fliek (wat ek gedink het regtig uitstekend was) en dan natuurlik die nuwe, en laaste, boek wat oor ‘n paar dae vrygestel word.

Vandag se webwerf is effens tong-in-die-kies. Dit gee ‘n lys van 8 redes hoekom Harry Potter beter as enige iemand anders is.

Dit laat my amper dink aan die Chuck Norris grappies van so ‘n jaar gelede, behalwe dat hierdie persoon darem nie so oorboord gegaan het nie. :)

http://www.thegamegods.net/2007/07/11/8-reasons-why…

harry, potter, toor, aanhangers

Afrikaans

Virtuele Tweede Lewe


Neels - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansWetenskapsfiksiereekse is lief daarvoor om “alternatiewe realiteite” of “parallelle heelals” as storielyn te gebruik. Nou het ek al baie daaroor gedink, maar elke keer tot die gevolgtrekking gekom dat dit glad nie ontmoontlik is vir sulke dinge om te bestaan nie… Wat dink julle egter van die idee dat daar vir elkeen van ons ‘n dubbelganger bestaan in so ‘n “parallelle heelal”?

Nou het jy die kans om ‘n “tweede lewe” te hê en jou eie dubbelganger te speel in Second Life – die aanlyn wêreld wat The Sims soos iets uit die rekenaar-middeleeue laat lyk! Ongelukkig met jou regte lewe en hoe min jy nog bereik het? Geen probleem – gaan leef al jou drome uit in hierdie 3-dimensionele, digitale wêreld! Die beste van alles is dat dit heeltemal gratis is!!!

http://www.secondlife.com/

alternatiewe, realiteite, dubbelganger, realiteite

Afrikaans

Die Dag van Jou Geboorte


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansHet jy al ooit gewonder hoe die wêreld was in die tydperk wat jy gebore was of watter groot gebeurtenisse daardaie jaar gebeur het.

Miskien hou jy van die informasie nog meer spesifiek, soos: “wat het op die dag gebeur wat ek gebore was?.. watter dag was dit?… watter bekende persone verjaar op die dag wat ek gebore was?”

Wel, nou kan jy hierdie vrae beantwoord!

Vandag se webwerf sal vir jou sê wie saam met jou verjaar en watter dag jou geboorte was. Dit sal selfs vir jou sê hoeveel ‘n half-dosyn eiers gekos het!

Ek is geneig om hierdie tipe ding soos soek koek op te eet… hehe, ek besluit nog of ek moet bly wees dat my een verjaarsdag liedjie deur Barbra Streisand gesing was :P

http://www.kakophone.com/kakorama/EN/index.php

verjaar, datum, gebeur, pret

Afrikaans

Herleef Daai Lekker Avonture


Neels - Algemene Geselskap, Lekkertes

AfrikaansSit jy nog met ou avontuurspeletjies agter in ‘n laai of kas, wat nie meer op jou nuwe rekenaar werk nie? Moet dit nie weggooi net omdat Windows XP nie wil saamspeel nie… gaan laai die ScummVM sagteware gratis af by die onderstaande webwerf en speel dit op enige rekenaar, onder Windows, Linux, BeOS, OS/2, Mac OS X, ens. of selfs op ‘n PlayStation2, PSP, Nintendo DS, of selfoon wat ondersteun word!!!

Nadat jy die programmetjie (dis nogal klein) afgelaai het, benodig jy egter nog die oorspronklike data lêers van die speletjies wat jy wil speel… en die goeie nuus is dat meeste LucasArts Adventures daarmee werk, en ook sommiges van Sierra… en daar word toenemend nuwe speletjies ondersteun! ‘n Paar sagteware maatskappye het selfs van hul speletjies se lêers gratis beskikbaar gestel en jy kan hulle ook van dieselfde webwerf aflaai… Dit sal nogal lekker wees as meer ou sagteware en speletjies so “oopgestel” word ;-)

So waarvoor wag jy? Gaan help vir Simon om ‘n eersteklas towenaar te word, of deurkruis Monkey Island voor dit te laat is! Is jou kennis van Amerikaanse geskiedenis voldoende om Day of the Tentacle te voltooi? Sal jy vir Indiana Jones kan help om Atlantis te vind? Dalk wil jy net bietjie ontspan saam met Leisure Suit Larry, in die geselskap van ‘n paar mooi meisies…

http://www.scummvm.org/

avontuurspeletjies, sagteware, gratis, speel



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans