Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Motors' Category

Afrikaans

Vragmotors Wat Hul Vrag Verloor


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Motors

AfrikaansEk weet daar word gesê dat een persoon se verlies vir ‘n ander persoon ‘n aanwins kan wees. Persoonlik weet ek nie of ek daarmee saam stem nie, maar wat ek wel weet is dat in die geval van vandag se webwerf gee dit ten minste vir ons interresante foto’s om na te kyk.

Die webwerf waarna ons vandag kyk se naam is “Truck Spills” en wat dit basies is, is ‘n versameling van foto’s van vragmotors wat hulle vrag op een of ander manier verloor het.

As jy, soos ek, nog altyd wou gesien het hoe ‘n pad vol aartappel skyfies sou lyk, is hierdie net die webwerf vir jou ;)

http://www.truckspills.com/

vragmotor, vrag, verloor, pad

Afrikaans

Die Elektriese Motorfiets


Gerhard - Motors, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansDaar is deesdae so baie goeie metodes om van punt A na punt B te kom, maar al ons besluite het natuurlik ook ‘n impak op die toekoms. Party mense sal vir jou sê dat jy van die lekker ry-goed moet ontslae raak, en dat die goeie tye verby is. Vandag se webwerf dink anders oor dinge…

Brammo Motorsports is ‘n maatskapy in Oregon wat ‘n elektriese motorfiets ontwerp het wat in Amerika sal beskikbaar wees in 2008. Wat die “Enertia” anders maak as vorige pogings is dat hulle hom van die grond af herontwerp het om die maksimum uit hom te kry.

Die “Enertia” kan om trent 220 km/h haal en kan in 4 ure geherlaai word met ‘n gewone huis kragpunt.

Die idee wat my aandag die meeste trek aan hierdie motofiets is dat hy omtrent heeltemal stil gaan wees. Vir iemand wat nie hou van ‘n geraas nie is dit ideaal!

http://www.enertiabike.com

elektries, motorfiets, natuur, spaar

Afrikaans

Rathefboom Stuit Tieners in VSA


Neels - Motors, Nuusagtig

AfrikaansTwee voornemende jong motordiewe in Georgia in die VSA is vasgetrek toe hulle nie kon wegkom met die motor wat hulle wou steel nie. Die rede: Meeste motors in die VSA is outomaties, maar daardie een het toe toevallig ‘n goeie ou koppelaar en rathefboom, wat nie een van hulle blykbaar al ooit teegekom het nie. Daar sit die oortreders toe met geen benul wat om te maak nie, en al wat hulle aan die gang kan kry is die radio!

Nogal sleg as mens gewoond is daaraan om dinge so altyd op die maklike manier te doen, en dan moet jy op ‘n dag noodgedwonge ‘n effens meer ingewikkelde metode gebruik, en dan sit jy… soms letterlik ;-)

Dis dan juis ook hoekom ek dikwels nie die maklikste uitweg eerste kies nie – om te leer hoe om dinge in ‘n krisis te hanteer!

http://www.reuters.com/article/domesticNews/idUSN202595432…

motordiewe, outomaties, rathefboom, ingewikkelde

Afrikaans

Austin Healy Oppad Terug


Neels - Interessanthede, Motors, Tegnologie

AfrikaansDie Sjinese maatskappy wat tans die Austin Healy fabrikaat besit, nadat hulle die MG Rover maatskappy in 2005 gekoop het, oorweeg dit sterk om hierdie gewilde sportmotortjies weer te begin vervaardig! Dit sal dan ook beteken dat mense in Sjina vir die eerste keer met die Austin sal kennismaak.

Ek vind dit nogal interessant dat sommige motors net in sekere lande of wêreldstreke verkoop word en mense elders nooit die voorreg kry om dit eers te sien nie! Amper soos wat seker flieks (of weergawes daarvan) net in die VSA vrygestel word in “Streek 1″ formaat :-(

Wel, hoe dit nou ookal sy, ek is seker daar is menigte Austin-liefhebbers wat lekker breed glimlag oor hierdie nuus!

http://www.motoring.co.za/index.php?fArticleId=3889845

Die wat nuuskierig is om bietjie meer oor die Austin Healy uit te vind kan gerus hierdie interessante webblad besoek:

http://www.toadhallcars.com/AustinHealy.asp

Sjinese, Austin, fabrikaat, wêreldstreke



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans