Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Musiek' Category

Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AdrikaansSoos die meeste van die aanhangers weet is Fokofpolisiekar op ‘n breuk vir die eerste ses maande van hierdie jaar, wat beteken dat die lede op hul eie solo projekte en studies kan konsentreer.

Ongelukkig beteken dit ook dat ons hulle nie in lewende lywe kon sien vir die afgelope paar maande nie, maar met die nuus van ‘n toer in die afgelope week is lekker opgewonde.

Aug 9 2007 – Oppikoppi13: The way of the dassie (Northam)
Aug 10 2007 – Coca-Cola Dome (Johannesburg)
Aug 11 2007 – Velodrome (Bellville)
Sep 29 2007 – OppiAarde (Potchefstroom)

Die twee wat my aandag die meeste trek is die optredes van die 10de en die 11de.. kom ons sê maar net dat dit lekker groot areas… laat mens wonder wie anders gaan speel :)

http://www.myspace.com/fokofpolisiekarband

fokofpolisiekar, afrikaans, musiek, optree

Afrikaans

Anton Botha Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansAnton Botha is ‘n baie veelsydige, jong kunstenaar wat besig is om die Suid Afrikaanse mark om te keer met sy oorspronklike liedjies, in ons moedertaal…

Hierdie jaar was Anton se eerste KKNK en sy bestuur is baie in hul skik met hoe goed die
vertonings daar verloop het. Hy het ook baie goeie terugvoering van aanhangers gekry!

Anton is ‘n kranige liedjieskrywer en sanger. Anton bespeel 8 instrumente; waaronder akoestiese kitaar, elektriese kitaar, dromme, klavier en mondfluitjie.

Vir diegene wat dink dat Anton dalk bekend lyk, dit is omdat hy in verskeie DVD’s (soos die van Thys die Bosveldklong en Deon van der Merwe) opgetree het en dan ook al sy verskyning gemaak het op menigte musiekvideos.

Vir die van julle wat graag vir Anton in aksie wil sien, gaan gerus na sy webwerf ek klik op “Kalender” om op hoogte te bly met waar hy volgende gaan optree.

Ek is altyd bly om nuwe Afrikaanse stemme te hoor sing :)

http://www.antonbotha.com/

anton botha, afrikaans, musiek, kknk

Afrikaans

Bobby se Boemelaar Fonds


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansDit is altyd opwindende nuus as daar ‘n nuwe Afrikaanse sanger sy of haar verskyning maak, maar wat dit nog beter maak is as die kunstenaar se hart ook op die regte plek sit.

Bobby van Jaarsveld het 3 jaar gelede die Afrikaanse musiek bedyf betree en het al klaar die koppe laat draai van die groot name soos Dozi, Blackie Swart en Theuns Jordaan.

Die ding wat my aandag die meeste getrek het toe ek vir die eerste keer na sy webwerf toe gegaan het was die feit dat hy ‘n gedeelte van die hoof blad afgestaan het aan welwillendheid.

Dit is die Bobby van Jaarsveld boemelaar fonds en werk soos volg:

“SMS FORUM na 38655 (R10 per SMS)
50% van die SMS bydraes gaan na Solidariteit se Helpende Hand Fonds en die ander 50% van die sms bydraes gaan aan die Salvation Army omdat dit die instansie waarheen meeste van die boemelaars gaan wanneer hulle honger is of ‘n slaapplek nodig het.”

Ek dink Bobby is ‘n goeie voorbeeld vir die res van die Afrikaanse musiek gemeenskap!

http://www.bobbyvanjaarsveld.co.za/

afrikaans, boemelaars, fonds, help

Afrikaans

Egmond is Terug!


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansDit was ongeveer ‘n jaar gelede wat ek die eerste keer uitgevind het van Edmond, ‘n belowende jong Afrikaanse sanger. ‘n Tydjie later het hy omtrent heeltemal uit sig uit verdwyn en daar was geen nuwe nuus uit sy oord uit nie.

Dus was ek baie bly om in die week ‘n E-pos te kry wat my vertel het van die nuwe webwerf en wat Egmond besluit het om te doen daarop… Jy kan nou sy hele album aflaai van sy webwerf af in mp3 formaat… heeltemal gratis!

Daar is ook nuwe toer datums op die webwerf, so as jy in die nabye area is, kan jy ook vir Egmond in lewende lywe sien optree.

Elk wens meer kunstenaars wil sy voorbeeld volg en vir ons gratis musiek gee :)

http://www.egmond.co.za/

egmond, musiek, afrikaans, gratis mp3

Afrikaans

Nicholis Louw DVD Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans“Nicholis se DVD wat op 2 Mei 2006 by die Sand du Plessis in Bloemfontein voor ‘n gehoor opgeneem is het al amper Platinum status bereik.

Dit is die top verkoper van enige Afrikaanse DVD tans in Suid-Afrika. Wat dit nog meer indrukwekkend maak is dat net Pink Floyd en Elvis op die oomblik beter as Nicholis verkoop. Beslis ‘n deurbraak vir Afrikaanse DVD’s.”

Shoe, dit is omtrent ‘n prestasie, as verkope enige aanduiding is van sy populariteit, dan is Nicholis Louw een populêre persoon.

Sy musiek het die land met ‘n storm gevat en hou net aan om aanhangers se oordromme te streel met die klanke van Afrikaans. :)

http://www.platinumpromosies.co.za/artist.php?artid=7

nicholis louw, afrikaans, musiek, verkope

Afrikaans

Die Beyerskloof Musiek Marathon


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans

Vir die eerste keer in baie jare begin die musiek wat deur die ondergrondse are van Stellenbosch klop, weer mense se wenkbroue te lig.

De Plate Kompanjie en Beyerskloof span saam om vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis ‘n weeklange musiek marathon op die planke te bring wat mik om die verskillende musiekfaksies en tale in die bedryf te verenig en vir luisteraars en ondersteuners ‘n unieke ervaring te bring.

Die Beyerskloof Musiek Marathon is ‘n weeklange fees wat musiek vanoor ‘n wye spektrum bymekaar bring om aand na aand gehore te vermaak deur ‘n klomp groepe te laat optree wat iets met mekaar in gemeen het. Studente, skoliere en werkendes kan dus hul werk deur die dag afhandel en dan elke aand kom ontspan om van die land se grootste name saam met nuwe talente te sien optree. Van MK89 gunstelinge, tot teater nuwelinge en selfs ‘n paar veterane.

  • Maandag is die akoestiek gedrewe Afrikaanse Rock Aand met Gian Groen, Lukraaketaar, Slagyster en Kaleidoskoop.
  • Dinsdagaand span Jan Blohm, DNA Strings, The Orange Stilettos en Die Hartvruggies saam vir ‘n unieke ervaring van instrumente en lirieke.
  • Woensdagaand is skank aand met die ska-en reggaeklanke van 7th Son, Captain Stu and the Llamas, Rastamie and the Warriors en Go Team!.
  • Donderdagaand is die blues aan die beurt met Boulevard Blues, Southern Gypsy Queen, Gerald Clark en The Violent Free Piece. Dale Collins is gaskunstenaar.
  • Vrydagaand is die groovy-kopstamp aand met Bed on Bricks, Die Helde, Foto Na Dans en Sondag Sensasie.
  • Die week word die Saterdagaand afgesluit met akoestiek en rock van Koos Kombuis, Rory Eliot, Zinkplaat, Dikazzins en Hanru Niemand.

Die Marathon vind plaas by die Klein Libertas Teater se buiteverhoog. Die musiek begin elke aand om 19:00, en Saterdag om 18:00.

Kaartjie pryse beloop R30 per aand of R100 vir die week. Kaartjies kan by die DPK Hossewa gekoop word in Die Neelsie, by Beyerskloof en by Klein Libertas Teater. Die groepe se albums sal te koop wees.

Hoeveel gees het jy?

Vir navrae kontak Bertie Coetzee 083 349 9559 of bertie@dpk.co.za

Afrikaans

Philip de Villiers Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans‘n Nuwe anti-misdaad musiekvideo vir Philip de Villiers se lied “Ek hoor jou”, vervaardig deur die bekroonde regisseur Andre Calitz, sal eersdaags op verskeie kanale (MK89, kykNET en SABC2) begin wys.

Die lied speel reeds op 30 radio-stasies landwyd. Die produksiemaatskappy is opsoek na mooi portret-foto´s van slagoffers wat in misdaad-verwante voorvalle gesterf het. Die doel is om ´n stem te gee aan die families van hierdie mense, asook die slagoffers, in ´n land waar hulle voel hulle word nie deur die regering gehoor nie, om sodoende wonde te genees.

Die video sal geensins soetsappig of sensasie-gedrewe wees nie. Hulle wil ons pragtige land met sy pragtige mense in kontras plaas met die lelike realiteit waarmee ons daagliks te doen het.

Foto’s kan gestuur word aan foto@blixem.co.za Sluit kontakbesonderhede in, sodat daar geverifieer kan word dat die betrokke persoon op die foto wel gesterf het. ´n Voorlopige weergawe van die video kan gesien word by www.blixem.co.za/pip.wmv

philip de villiers, ek hoor jou, afrikaanse musiek, suid afrika

Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansFokofpolisiekar se amptelike webwerf is nou al vir ‘n hele tydjie nog nie opgedateer nie, en die rede hiervoor is dat die manne dit “rustig” vat hierdie jaar.

Al die lede van Fokofpolisiekar is besig met hulle eie projekte op die oomblik en dit bring ons na die rede vir vandag se inskrywing. :)

Francois van Coke (vir die van julle wat nie weet nie, hy is die sanger van Fokofpolisiekar) gebruik hierdie tyd om ‘n paar solo optredes te doen en die groep se myspace is nou opgedateer met die datums vir al hierdie optredes.

As ek na daardie lys kyk, lyk dit vir my asof Francois ‘n besige man gaan wees vir die volgende twee of drie maande…

http://www.myspace.com/fokofpolisiekarband

fokofpolisiekar, swanesang, van coke, francois

Afrikaans

Bok van Blerk Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans“Mozi Records (Sean Else en Johan Vorster) kondig met trots aan dat Bok van Blerk se debuut album De La Rey so pas 5 keer goud bereik het!!! Baie dankie aan almal wat die CD gekoop het!

Bok van Blerk, die ongelooflike opwindende nuwe Afrikaanse groep skud die land met hulle vuurwarm, oorspronklike treffers!

Bok van Blerk is trots Afrikaans en elke stukkie musiek op sy CD drup van heerlike kultuur.”

Dit lyk asof Bok van Blerk besig is om die Afrikaanse musiek met ‘n storm te oor te vat…

Wat snaaks is dat hy op een of ander manier dit reg gekry het om die generasie gaping toe te maak, want hy het werklik mense van alle ouderdomme wat na hom luister.

Bok, dankie dat jy nie die woorde “bokkie” en “poppie” in jou liedjies gebruik nie, dit word baie wardeer :)

http://www.bokvanblerk.co.za/

afrikaanse musiek, bok van blerk, kultuur, de la rey

Afrikaans

Lukraaketaar Nuus


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansEk het so ‘n week gelede weer gesit en mk89 kyk, dit is darem ‘n lekker kanaal om na te kyk, veral as jy mal is oor Afrikaanse musiek en die moderne Afrikaanse kultuur.

Die spesifieke dag het hulle ‘n onderhoud gehad met die manne van Lukraaketaar, twee normale ouens met goeie musiek en goeie videos om die musiek te komplimenteer.

Min het ek geweet dat hulle besig is in die ateljee met ‘n opvolg langspeler, en dit saam met Johnny de Ridder van Fokofpolisiekar. Dit kan net goed wees!

Hou hulle webwerf dop, soos wat ek verstaan gaan die nuwe CD binnekort vrygestel word. ;)

http://www.lukraak.co.za/

lukraaketaar, afrikaanse musiek, fokofpolisiekar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans