25
Jan
“Dit was met ‘n vreeslike blasè gevoel dat ek die pakkie oopgemaak het. ´n Klompie CD´s wat aan my gestuur is deur die nuwe platemaatskappy van Stellenbosch, De Plate Kompanjie.
More of the same, het ek gedink. Om elke hoek en draai spring hulle deesdae op soos klitsgras: aspirant-sangers, liedjieskrywers, idols-wenners en outjies wat op die bandwagon van swets-Afrikaans wil spring. Die meeste demo’s wat ek kry, luister ek glad nie meer nie. Dit voel te veel soos werk. Die laaste keer toe iets my aan die hart gegryp het, was toe Neil Sandilands my verlede winter in ‘n hoekie van ‘n nagklub in Bloemfontein die Orion-klankbaan in die hand gestop het. (Ja, daar IS nagklubs in Bloemfontein. En Neil was swaar vermom, in ‘n dik wolbaadjie, serp, en ´n glas water met ysblokkies in die hand wat op ‘n afstand net soos whiskey gelyk het.)”
Koos Kombuis het ‘n nuwe inskrywing gemaak en hy praat oor iets wat my baie na aan die hart lê, Afrikaanse musiek.
In sy inskrywing gesels hy oor ‘n pakkie wat hy van ‘n nuwe Afrikaanse plate maatskappy gekry het, en in die proses stel hy ons voor aan een of twee nuwe groepe waarvan Die Helde een is.
Ek het na die klank snitte op die Rhyth Records webwerf van hulle geluister, en ek kan nie wag om my hande op ‘n volle CD te kry nie.
Dankie Koos vir die aanbeveling
http://www.kooskombuis.co.za/So%20voel%20ek.html
30
Nov
Ek weet dat die onderhoud waaroor ek vandag skryf al ‘n hele tydjie terug gebeur het, maar ek het hom nou eers gekry en daarom is dit nuus vir my
Die rede hoekom ek oor die onderhous skrys is omdat dit vir ons redelik nuus gee oor wat beplan word, in die bende, vir 2007.
Daar is sprake van ‘n DVD wat ‘n hele lewendige optrede sal bevat, sowel as al die videos en ook ‘n dokumentêr.
Die onderhoud lees lekker en gee vir ons ‘n venster om in te kyk by Fokofpolisiekar.
http://thechiz.co.za/archive/2006/10/23/Fo_2E002E002E…
fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, van coke, hunter
09
Nov
Robbie Wessels is een van die kunstenaars wat baie vinnig vir homself ‘n naam gemaak het.
Natuurlik het hy die eerste keer bekend geword as Poena op “Gautengaleng”, maar die meeste van Suid Afrika hom die eerste keer as ‘n kunstenaar gesien met sy eerste CD “My VissermanVriend se Pa”.
Vandag se skakel bevat die laaste nuus inskrywing op Robbie se webwerf. Hy gesels oor ‘n paar dinge, maar die item waaroor hy die meeste gesels is ‘n “Flip Grid braaier” wat blykbaar deur sy pa ge ontwerp is. Jy kan meer oor hierdie braaier op sy webwerf lees.
http://www.robbiewessels.co.za/Nuus.htm
robbie wessels, afrikaanse musiek, flip grid, braier
02
Nov
Is jy een van die tonne Suid Afrikaners wat mal is oor Theuns Jordaan se musiek? Miskien is dit sy diep stem waarmee hy sing of miskien is dit net die manier waarop hy ou Afrikaanse treffers met so min moeite na sing.
Wat dit ook al is, jy is nie alleen nie en as ek na sy toer datums kyk, wil dit voorkom dat hy redelik populêr reg oor die hele land is.
Op sy webwerf is sy toer datums ook nou opgedateer, so as jy die man in lewende lywe wil sien is hierdie dalk jou kans…
http://www.theunsjordaan.co.za/home.htm
theuns jordaan, vreemde stad, afrikaanse musiek, theuns
26
Oct
“Horisontaal het by die pas afgelope Huisgenoot Skouspel in die Sun City Superbowl die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Gunsteling Rock Album 2006 verower. Die ander albums in dieselfde kategorie was Jan Blohm se Stille Runaway en Anton Goosen se Groenblomme. In die Gunsteling Rockgroep kategorie, waarin Valiant en Jan Blohm ook finaliste was, het Ghapi met die louere weggestap. Die toekennings word gemaak op grond van stemme soos deur lesers uitgebring.”
Enige iemand wat nou al kans gehad het om na Horisontaal te luister sal beslis saam stem dat hierdie toekenning beslis aan die regte kunstenaar en album gegaan het.
Moenie vir my verkeer verstaan nie, ek is ook ‘n groot Jan Blohm aanhanger, maar Valiant het beslis ‘n wenner hier.
Baie geluk Valiant!
http://www.valiant.co.za/
horisontaal, valiant swart, afrikaanse musiek, jan blohm
19
Oct
Koos Kombuis was besig die afgelope paar weke. Ek is altyd geneig om nie na sy blog te kyk nie en dan te wonder wanneer hy weer ‘n slag sy “Ek sê” afdeling gaan opdateer.
Ek weet ek het dit al voorheen gesê, maar dit is altyd lekker (en inspirerend) om Koos Kombuis se skryfwerk te lees. Selfs as dit met ‘n tong in die kies geskryf was.
Uit sy nuwe inskrywings op sy blog het twee my aandag getrek:
Die eerste een was die gedig wat hy geskryf het op die 14de Oktober. Duidelik na die Koreaanse kern bom toetse.
En die tweede, die koerant uitknipsel wat hy daar geplaas het vir ons om te lees.
Dankie Koos
http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=koos
koos kombuis, afrikaans, afrikaanse musiek, blok inskrywing
13
Oct
“Ons is tans besig met opnames vir ‘n Kersalbum en DVD van al Select se kunstenaars. Ek doen ‘n duet saam met David Fourie en dit klink nogal lekker. Harold is natuurlik net besig om sy hare uit sy kop uit te trek, want, Protools, die program waarmee hy werk, gee hom eindelose probleme. Vries doodeenvoudig net. En hy is nie die geduldigste mens nie. Die arme keyboard van die rekenaar moes dit al ‘n paar keer ontgeld – mens sien elke nou en dan net sleutels spat. Ek wag net vir die oomblik dat hy dit heeltamal gaan verloor en die rekenaar by die venster uitsmyt…”
Dit wil klink asof daar iets baie koel in die pyplyn is vir diegene van ons wat van Kersfees liedjies hou.
Ek hou mos daarvan as kunstenaars van verskillende style saam werk om een CD op te neem.
Vandag se informasie kom uit Amanda se “Blok” uit, so daar is sommer baie lees werk vir haar aanhangers
http://www.amandaluyt.co.za/blogg.php
amanda luyt, kersfees, afrikaanse musiek, blok
02
Oct
My vriende sal vir jou kan sê dat ek ‘n bietjie kitaar speel, maar op geen oomblik sal hulle vir jou sê dat ek goed is nie.
Die beste manier om enige instrument beter te leer speel is deur baie te oefen. In my opinie is die beste oefening om ander musiek te speel en dit goed te kan doen, dit help jou baie.
Ek hou daarvan om musiek te speel wat ek ken, maar die meeste webwerwe het net ‘n paar Afrikaanse liedjies se bladmusiek op.
Vandag se webwerf het tonne Afrikaanse liedjies se bladmusiek op. Alles van Valiant Swart, na Koos Kombuis, na Jak de Priester. Hulle is almal daar!
Vir die beste resultate sal ek die soek boksie aanbeveel.
www.geocities.com/kitaarmykruis
afrikaanse musiek, kitaar, tabs, bladmusiek
28
Sep
“Hey dudes.
SWANESANG is op die rakke. As hy nog nie in jou local winkel is nie, vra vir hulle om dit te bestel.
Daar was ‘n gemors met die eerste klomp booklets so die Cd is bietjie later uit as wat hy moes.
Check die gig guide uit vir details oor al die launch shows. Ons jol in Bloem, Potch en ‘n paar shows in JHB en PTA. Sien julle daar!
O, ja en die nuwe website sal een van die dae op wees.”
Goeie nuus vir die mense wat al ‘n week of twee wag vir Swanesang. Ek werk al op die senuwees van die CD winkels van die 15de af.
Ek sal die naweek weer ‘n draai by die winkels gaan maak en hopelik het ek dan iets nuuts om na te luister in Afrikaans.
Ek hoop net nie hierdie is ‘n finale CD nie, met ‘n naam soos daardie is net nie baie seker nie. Die bende moet maar vir ons laat weet oor daardie een
http://www.fokofpolisiekar.co.za/
fokofpolisiekar, swanesang, afrikaanse musiek, brand suid-afrika
21
Sep
“Nicholis Louw se DVD wat op 2 Mei 2006 by die Sand du Plessis in Bloemfontein voor ‘n gehoor opgeneem is het al amper Platinum status bereik. Dit is die top verkoper van enige Afrikaanse DVD tans in Suid-Afrika. Wat dit nog meer indrukwekkend maak is dat net Pink Floyd en Elvis op die oomblik beter as Nicholis verkoop. Beslis ‘n deurbraak vir Afrikaanse DVD’s.”
Dit wil vir my voorkom asof Nicholis Louw ‘n wenner hier het. Almal waarmee ek al gesels het, wat die DVD gekoop het, dink dat dit die beste Afrikaanse DVD is waarop hulle nog hulle hande gekry het.
Indien jy een van die min mense is wat nog nie die DVD het nie, is nou dalk die tyd om in te belê..
Ek sien ook dat jy nou na splinternuwe webwerf toe gaan as jy na nicholislouw.co.za toe gaan.
As dinge so aan gaan vir Nicholis sien ons hom een van die dae in die Huisgenoot waar hy spog met ‘n nuwe wildsplaas in die Karoo.
Bestel “Rock Daai Lyfie, Live!” Vandag!
http://www.platinumpromosies.co.za/artist.php?artid=7
nicholis louw, afrikaanse musiek, dvd, top verkoper