“Opstaan, slaapkous! As ons te laat ry gaan dit warm wees op die pad en die verkeer gaan erg wees! Jy moet nog vir jou pa gaan help kyk dat al die karavaan se ligte werk en dan moet ons die laaste goed inpak. Daar’s nie tyd om nog te lê en slaap nie!”.
Dit is min of meer hoe ek wakker geword het as kind, toe ons nog gedurende skoolvakansies gaan kampeer het. Die ding wat opvallend was van elke liewe vakansie, was dat dit altyd ‘n gejaag afgegee het om alles betyds klaar en reg te kry en seker te maak dat dit wat moet saamgaan wel ingepak is.
Afgesien daarvan was dit nogtans my gunsteling vakansies… die kere wanneer die woonwa gepak en gehaak is en ons na ‘n paar ure op die pad kon uitsien na so 2-3 weke van agteroor sit en luister na die geluide van die natuur, saam kuier en gesels, en net van alles by die huis vergeet! Daar was geen irriterende selfone, of televisie of ander elektronika nie – net ons en die natuur.
Het jy en jou gesin al ooit gaan kampeer? Vertel ons asseblief as jy enige interessante stories het – ek is seker dat ander lesers ook graag daarvan sal wil lees!
Ons het nou wel altyd die woonwa gehaak en nooit in ‘n tent in die bos gaan slaap nie, maar dit was nogtans altyd baie lekker! Ek sou tog nogal graag die tent “roete” ook wou probeer, want dit behoort selfs meer opwindend te wees en mens nog nader aan die natuur te bring… Ons woonwa se dak het in elk geval altyd êrens ‘n lekplek gehad, so vir natreen in ‘n tent skrik ek ook nie
Soos ek gesê het, is daar altyd ‘n gejaag wanneer D-dag uiteindelik aanbreek! Gewoonlik is die kinders darem baie goed voorbereid en vir omtrent twee weke voor die tyd al besig om te beplan wat hulle alles gaan saamneem en wat om alles gedurende die vakansie te doen, maar selfs met ‘n lysie van wat-om-in-te-pak word daar meestal so ‘n paar belangrike dinge vergeet… Ek self het as kind vir elke vakansie ‘n deeglike lysie opgestel sodat ek nooit iets “belangriks” gemis het nie (my flits en sakmes was altyd bo aan daardie lysies!), maar Ma en Pa het sommer op hul geheue staatgemaak – volgens my nie so ‘n goeie idee nie
Ek het gister op die volgende baie waardevolle (volgens my) skakel afgekom, waar mens sommer ‘n voorafopgestelde kampeer kontrolelys kan aflaai, en dan kan jy daarop afmerk soos alles ingepak word, en natuurlik ook nog items byvoeg indien nodig:
http://www.voetspore.co.za/kaaptotkili/index.php?location=checklist
Elke nuwe ouer hou van die idee dat mense na hulle kinders sal kyk en dink wat ‘n oulike of mooi baba dit is.
Hierdie is maklik van die mooiste tropiese eilande wat ek al gesien het..
Diep in die hart van Californieë woestyn lê een van die wêreld se grootste natuurlike raaisels: die bewegende klippe van “Death Valley”.
Elke nou en dan hoor ‘n mens iets waaroor jy nie heeltemal seker kan wees nie. Dan is dit maar jy en die Internet om uit te vind of dit waar is of nie.
Daar is seker min mense wat nog nooit ‘n Batman fliek of animasiereeks gekyk het, of een van die strokiesprente gelees het (as jy prentjies kyk “lees” noem!) nie…
Vandag se webwerf sal seker meer populêr wees met die dames en natuurlik die natuur liefhebbers.
Die winter is besig om sy kop uit te steek hier in die Kaap en soos die meeste van die Kapenaars weet is dit nou ‘n paar maande van aanhoudende wind en reën.
Woolworths beplan om binne die volgende jaar hulle kosverpakkings te vervang met bio-afbreekbare alternatiewe, sodat dit makliker in die natuur afgebreek en opgeneem kan word. Klink vir my na ‘n blink idee as dit gaan beteken dat ons land na dese skoner sal wees in die afwesigheid van hope nie-afbreekbare plastieksakke en ander gemors wat die hele wêreld vol lê! Die feit dat dit herwinning sal aanhelp beteken ook natuurlik dat al ons oorblywende bome so ‘n effense sug van verligting kan slaak
Inwoners op klein eilandjies in die Stille Oseaan het hierdie week iets beleef wat nie baie mense die kans kry om te sien.