Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Notas' Category

Afrikaans

Nuwe Jaar, Groot Nuus!


Gerhard - Afrikaans, Notas, Nuusagtig

Afrikaans

Laat ek eers begin deur vir al die lesers van Kuier.co.za ‘n voorspoedige 2009 toe te wens. 2008 was ‘n interessante jaar met heeltemal te veel wat gebeur het en ons kan net hoop dat 2009 nog beter gaan wees.

Met die nuwe jaar het ook gereken dat dit hoog tyd is dat ons die nuwe afdeling op Kuier.co.za kan bekend stel. So hier is hy…

my.Kuier.co.za

Op my.Kuier.co.za sal jy die volgende kan doen:

- Jy kan jou eie Afrikaanse artikels skryf.
- Jy kan ander besoekers se artikels lees
- Jy kan ook direk met ander besoekers gesels op die forum
- Jy kan selfs ‘n profiel skep met jou foto

(Daar is ook nog planne vir meer funksionaliteit vir die toekoms)

En die beste gedeelte hiervan is dat dit heeltemal GRATIS is!

Teken nou aan!

Afrikaans

Goeie Diens


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansEk is nie normaalweg die tipe persoon wat iets te sê het oor goeie of slegte diens nie, maar na die diens wat ek gister gekry het voel ek dat krediet gegee word aan die mense by die Vodacom4u winkel waar ek gister gegaan het om my selfoon kontrak te opgradeer.

Dit was ‘n normale opgradering, behalwe dat die foon wat ek wou hê nie saam met my kontrak gekom het nie en ek ekstra moet bybetaal het. (Geen probleme hiermee nie, ek het voor die tyd al hiervan geweet en het verwag dat ek eers my nuwe selfoon in ‘n paar dae sal kan kry).

So hier is wat gebeur het… (en die hele proses het nie langer as 10 minute geneem nie)

Ek het ingestap, gesê ek wil opgradeer, die konsultant het my nommer en my ID dokument gevra, al sy papierwerk gedoen en my selfoon vir my gaan uithaal.

10 Minute later het ek my selfoon gahad en my nuwe kontrak.

Dankie vir uitstekende diens Vodacom :)

Afrikaans

Kuier Nuus


Gerhard - Afrikaans, Notas

AfrikaansGoeie Naand

Ek het nou gedink dat ek eers dalk moet verduidelik hoekom dinge so stadig beweeg hier by Kuier.co.za.

Behalwe vir die feit dat dit verskriklik besig is by die werk is hierdie tyd van die jaar en ek eenvoudig pootuit is wanner ek klaar gewerk is in die aande is ek ook besig met nuwe Kuier.co.za beplanning.

Ek en Neels is besig om te kyk na ‘n oplossing wat van Kuier.co.za ‘n regte kuier plek sal maak. Onder andere vereis dit ‘n nuwe stelsel agter die gordyne, so ons is nou op die punt waar ons navorsing doen om seker te maak dat die stelsel waarop ons besluit vir ‘n hele paar jaar sal kan werk, sonder dat ons weer op hierdie punt gaan kom.

Die idee is om ‘n Kuier.co.za te skep waar julle almal met mekaar kan gesels. Waar stories en foto’s kan uitgeruil word en dalk ook nuwe vriende in die proses gemaak kan word.

Ek sal probeer om julle op hoogte te hou van nuwe verwikkelinge :)

Groete
Gerhard

Afrikaans

Komediefees skop af in Moederstad


Gerhard - Leser Bydraes, Notas, Nuusagtig

AfrikaansSluit in September aan by die wêreld se beste skerpskertsers en geniet ‘n jolige tydjie by die Cape Town International Comedy Festival – Suid-Afrika se voorste komediefees wat vanjaar sy elfde bestaansjaar in die Moederstad vier.

Met sewe aparte programme om uit te kies, bied die fees vanjaar iets wat in elkeen se smaak sal val – of jy nou hou van komedie op ‘n verhoog, op ´n skerm of selfs op straat! Die skerpskertsers wat vanjaar deelneem kom van Britanje, die VSA, Kanada, Duitsland en Australië en by hulle sluit Suid-Afrika se beste nuwe komedie-sterre aan, insluitend David Newton, Riaad Moosa, Nik Rabinowitz, Dowwe Dolla, Michael Naicker en die gewilde duo van Joe Barber-faam, Oscar Petersen en David Isaacs.

Soos in die verlede gaan die fees se staatmakers, naamlik die Main Arena en die Danger Zone, by die Baxter plaasvind, terwyl ´n opwindende nuwe program met die beste plaaslike Afrikaanse komedie – Bek-Lash – sy debuut by die Kunstekaap Teater maak.

Bek-Lash gooi die talente van Tobie Cronje, Dowwe Dolla, Joey Rasdien, Marion Holm, Martin Jonas, Emo Adams en die Joe Barber-duo saam met diè van Steve Best, ´n gewilde Britse skerpskertser bekend vir sy fisiese komedie. Met die bekroonde Lara Bye as regisseur neem Bek-Lash die formaat van ´n tipe vaudeville- of kabaretvertoning aan met die gewilde musikale komediant Pedro Kruger as gasheer.

Die Main Arena-program van skerpskertsers het die bekende Britse komediant Alistair Barrie as gasheer. Hy gaan Kaapse gehore bekendstel aan die Australianer Carl Barron, die Kanadees Laurie Elliott en die Amerikaner Tom Clark. Saam met hulle op die program is Suid-Afrika se voorste skerpskertsers Nik Rabinowitz, David Newton en Riaad Moosa.

Een van die jarelange groot gunstelinge op die fees, die Danger Zone, bied komedie vir meer avontuurlustige gehore wat van ´n meer gewaagde benadering tot humor hou. Op vanjaar se program is die Australianer Jim Jefferies wat in Britanje gebaseer is en beskou word as een van die beste opkomende komedie-sterre. Hy het aan die 2005 Cape Town International Comedy Festival deelgeneem. Saam met Jefferies tree sy mede-Australianer Steve Hughes op sowel as die Amerikaner Bert Kreischer en die Kanadees Terry Clement. Die Danger Zone-program behels ook die Suid-Afrikaner Kevin Perkins en sy alter ego, Michael Naicker, wat dwarsoor Suid-Afrika bekend is as die op-die-man-af “superheld van die man op straat”.

Die veteraan organiseerder van die fees, Sam Hendrikse, is in sy noppies met die verskeidenheid komiese talent wat by vanjaar se fees aangebied word. “Ons het werklik iets vir almal – van die nar-agtige koddighede van die straatkomediante wat kinders en grootmense gaan amuseer, tot die meer gesofistikeerde humor van die top internasionale skerpskertsers wat deel is van die Main Arena en Danger Zone-programme. Ons is ook opgewonde om die eerste Afrikaanse verhoog by die fees aan te bied met ons plaaslike komediante in die Bek-Lash-program,” sê Hendrikse.

Nog ´n nuwigheid op vanjaar se program is die insluiting van ´n mini filmfees, Comedy Shorts, wat die wêreld se beste komiese kort films by die Labia Teater gaan vertoon. Dit word in samewerking met Just For Laughs, die grootste komediefees in Kanada, aangebied en bestaan uit twee programme, naamlik Funny Shorts en Filthy Shorts. Net soos met die Main Arena-program bied Funny Shorts die beste hoofstroom kort films op vanjaar se Just For Laughs-program, terwyl Filthy Shorts bestaan uit ´n verskeidenheid kort films met alternatiewe humor deur van die wêreld se gekste filmmakers. “Laasgenoemde films is nie vir die preutses bedoel nie en hulle gewaagdheid sal eerder groter aanklank vind by die Danger Zone-gehore,” verduidelik Hendrikse.

“Soos wat die Cape Town Comedy Festival internasionale opgang maak, is dit van selfsprekend dat samewerking met ander internasionale komediefeeste begin posvat en ons is baie opgewonde om die Comedy Shorts-program saam met Montreal se Just For Laughs-fees aan te bied.”

Vanjaar se fees bied weereens ´n aantal rare straatkomediante wat niksvermoedende Kapenaars gaan vermaak as deel van die Street Comedy Festival, wat die ongelooflike komiese talente van die straatkunstenaars van stede dwarsoor die wêreld gaan vertoon.

Gehore wat belangstel in ´n voorsmakie van die gewildste optredes by al die vertonings sal dit kan kry àf Woensdagaande by The Late Show by die Bang Bang Club àf by die Best of the Fest wat Sondagaande gedurende die fees by die Baxter Teater aangebied word.

Die Main Arena-program by die Baxter Teater duur van 3 tot 22 September, die riskante Danger Zone-program by die Baxter-konsertsaal duur van 10 tot 22 September en Bek-Lash is by die Kunstekaap Teater van 4 tot 22 September. Die Comedy Shorts filmfees is aan by die Labia Teater van 3 tot 22 September. Besoek www.comedyfestival.co.za vir ´n program van al die verskillende vertonings en ´n volledige lys van die sensasionele internasionale en plaaslike skerpskertsers. Bespreek by Computicket.

Afrikaans

Ken Jy Die Noodnommers?


Neels - Algemene Geselskap, Notas, Probleemoplossing

AfrikaansWas jy self al in ‘n situasie waar jy die nooddienste benodig het? In daardie geval hoef ek seker nie vir jou vertel dat dit nie dan die tyd is om telefoonboeke te begin deurblaai en na nommers te soek nie…

Die beste manier om jouself en jou geliefdes te help in ‘n tyd van nood is om vooraf al die belangrike nooddienste se telefoonnommers op te soek en mooi duidelik naby die foon aan te bring!

Hier is ‘n paar wat almal van ons behoort te onthou:

107 – Skakel dit vir enige noodgeval. Ongelukkig werk dit slegs in die Wes-Kaap, maar die opgeleide mense wat hierdie dienssentrum 24 uur per dag beman sal jou blitsig na die regte nooddiens deurskakel en hulle kan ook op die rekenaarstelsel sien wat jou nommer en adres is wanneer hulle die oproep beantwoord, aangesien hulle aan Telkom se databasis verbind is. Almal wat al Rescue 911 gesien het sal ‘n goeie idee hê van hoe dit werk.

112 – Skakel hierdie vanaf enige selfoon (selfs sonder ‘n SIM-kaart of lugtyd) vir enige noodgeval! Onthou dit!!!!

10177 – Die nasionale ambulansdiens. Vir mense sonder voldoende mediese fonds.

082911 – Privaat ambulansdiens. Ongelukkig sal hulle slegs mense met mediese fonds help.

10111 – Polisie / blitspatrollie (ek gebruik die woord “blits” baie huiwerig hier!)

0800 33 3444 – Die Nasionale Gifsentrum. Skakel dit as enige iemand iets ingeneem het wat hulle nie moes nie, soos bv. giftige vloeistowwe, of goed soos parafien of skoonmaakmiddel. Dit is ook die nommer vir slang- en giftige insekbyte.

Verder behoort jy die hospitale, polisiestasies, brandweer, ens in jou omgewing se nommers ook so gou moontlik by die lysie te voeg!

Hier is ook ‘n paar nommers, maar dit lyk my daar is weer ‘n paar wat spesifiek tot die Wes-Kaap is (as iemand dalk weet van ‘n webwerf met nommers vir meer verskillende streke, laat weet ons gerus):

http://www.eda.admin.ch/eda/en/countr/zaf/cgcato/emernr.html

nooddienste, noodnommers, ambulans, brandweer

Afrikaans

11 Dinge om te Vermy in Films


Gerhard - Interessanthede, Notas

AfrikaansDit is maar moeilik om ‘n karakter te wees in vandag se films. Mense gaan dood soos vlieë… Van dramas af waar daar een belangrike persoon doodgaan tot by wetenskaplike aksie films soos “War of the Worlds” of “Independence Day” waar daar sommer duisende sneuwel onder die krag van ‘n onbekende vyand.

Vandag se webwerf het ‘n hele paar films gevat en gaan kyk wat presies moet gebeur om jou op Vader Tyd se verkorte lysie te kry, en hul eie lys gemaak van 11 dinge wat jy moet vermy as jy ‘n karakter in ‘n film is.

My persoonlike gunsteling een is dat jy gaan aftree net nadat jy hierdie laaste taak afgehandel het. :P

http://bbspot.com/News/2007/04/top-11-signs…

films, dood, moord, vermy

Afrikaans

Nog net 3 dae…


Gerhard - Afrikaans, Notas

Afrikaans

Daar is nog net 3 dae oor om vir Kuier.co.za te stem vir die “SA Blog Awards”, dit beteken dat na hierdie inskrywing mag jy nog een keer van my hoor hierdie jaar, en dit sal wees om die wenners aan te kondig.

As jy nie weet waarvan ek praat nie, Kuier.co.za is genomineer vir 2 toekennings in die “SA Blog Awards”. Die eerste is die “Beste Suid Afrikaanse Musiek Blog” afdeling en dan ook die een wat ek die graagste wil hê, die “Beste Blog Ontwerp”.

Om te stem kan nie makliker wees nie. Gaan net na die “SA Blog Awards” webwerf, tik die knoppies van die webwerwe wat jy dink moet wen in elke afdeling, vul jou e-pos adres in en druk op “Stuur”. En maak seker dat jy op die skakel klik in die E-pos wat dan vir jou gestuur word.

Kom ons wys hulle waar Afrikaanse Internet gebruikers se harte lê! ;)

http://2007.sablogawards.com/

Afrikaans

Stem vir Kuier.co.za


Gerhard - Notas, Nuusagtig

Afrikaans

Die nominasies vir die 2007 “SA Blog Awards” is in en Kuier.co.za is genomineer in twee kategoriëe.

Die eerste is die “Beste Suid Afrikaanse Musiek Blog” afdeling en dan ook die een wat ek baie graag wil hê, die “Beste Blog Ontwerp”. Die kompetisie is swaar in albei kategoriëe, so om net genoem te word saam met van hierdie ander webwerwe is al klaar ‘n prestasie in my opinie.

Om te stem kan nie makliker wees nie. Gaan net na die “SA Blog Awards” webwerf, tik die knoppies van die webwerwe wat jy dink moet wen in elke afdeling, vul jou e-pos adres in en druk op “Stuur”.

Kom ons wys hulle waar Afrikaanse Internet gebruikers se harte lê! ;)

http://2007.sablogawards.com/

Afrikaans

Tyd vir “SA Blog Awards 2007″!


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

Afrikaans

Dit is weer daardie tyd van die jaar! Ja, ek praat natuurlik van die jaarlikse “SA Blog Awards”!

As jy mooi kan terug dink, na ‘n jaar gelede, was Kuier.co.za genomineer vir die beste nuwe blog. Ons het dit nie gewen nie, maar die feit dat ons genomineer was was al klaar genoeg.

Hierdie jaar sal ons natuurlik nie weer in daardie kategorie genomineer kan word nie, maar persoonlik sou ek daarvan hou om iets te kry soos die beste ontwerp. :)

Hierdie tipe ding is altyd opwindend vir ons hier by Kuier.co.za!

Nominasie is nou oop en dit is baie makliker hierdie jaar. Op die “SA Blog Awards 2007″ webwerf hoef jy net 3 webwerwe te nomineer, tik dan die sikuriteits kode in en druk die “Send” knoppie.

Jy sal dan ‘n e-pos ontvang, met ‘n skakel in, waarop jy moet klik om jou nominasie te bevestig.

So maklik soos dit! :)

http://2007.sablogawards.com/

Afrikaans

Kuier is Opgegradeer


Gerhard - Notas

AfrikaansEk het nou net (so 5 minute terug) Kuier.co.za se binnekant opgegradeer.

Die voordeel hiervan is dat die webwerk effens gladder mag loop en ook dat Kuier.co.za lekker op datum bly met tegnologie wat dan sal sorg dat hy stabiel sal loop in die toekoms.

Ek het die webwerf redelik deeglik getoets, maar indien julle enige probleme ondervind, stuur asseblief vir my ‘n epos deur op die “Maak Kontak” skakel te klik.

Op daardie manier sal ons vinnig van al die kinkels ontslae raak. :)



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans